18 dae gelede
Gay man sukkel om van sy tronkvoël te vergeet
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 23-jarige gay man.

Antie, ek het in 2017 in die gevangenis opgeëindig waar ek vir L ontmoet het.

Hy was die ou van wie ek nog altyd gedroom het en hy was my alles.

Ons het seks in die tronk gehad asof dit uit die mode gaan.

Al het ek geweet dat dinge anders sou uitdraai, het ek nog altyd gehoop dat daar ’n toekoms vir ons saam is.

Hy het my belowe dat hy my sal kom haal as hy uit die gevangenis kom.

Maar hy maak nie eens moeite om my te bel nie.

Antie, ek kan nie aanbeweeg met my lewe sonder om te weet waar ek met hom staan nie.

Dit voel vir my asof ek nie by iemand anders wil wees nie. Ek weet ek moet aanbeweeg, maar hoe doen ek dit as ek steeds lief is vir hom? C van M, WhatsApp

Kan dit wees dat hierdie vir L ’n geval was van “What happens in Vegas, stays in Vegas”?

Kan dit wees dat hy jou actually net geplay het en iemand buite het na wie hy gegaan het ná sy vrylating?

Kan dit wees dat hy jou net misbruik het om die tyd om te kry?

Want vanwaar Antie staan, lyk dit of dit exactly die case was.

Liefie, jy moet nou al weet hierdie ou het jou net vir seks gebruik.

Jy het hom nie nodig om voor jou te kom staan om dit aan jou te bevestig nie.

Julle het dalk geseks asof dit uit die mode raak, soos jy sê, maar wat eintlik nooit uit die mode­ raak nie, is liegbekke wat ander mense manipuleer en misbruik.

Bitter min mense vind ware liefde in die tronk. Baie mense in daai situasie sal enigiets doen en sê vir eie gewin en selfs vir oorlewing.

Dit is tyd dat jy ophou om jouself so moeg te maak deur te verlang na ’n man wat nie jou trane of verlange werd is nie.

Jy is dalk nou uit die tronk, maar jy hou jouself steeds gevange deur te hunker na ’n man wat heel waarskynlik nou met sy eie gesin huisie-huisie speel.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters