9 dae gelede
Gatvol vrou wil skei van meiderige man
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nie meer of ek my man nog myne kan noem nie.

Hy is baie vrouerig. Ek het hom nou onlangs in die pub kry sit met ’n meid, met twee vol glase bier.

Sy sê dis hul bier, maar die man stry. Ek rook en drink nie eens nie.

Antie, ek wil nou skei.

Ons is albei in ons 50’s en sy dinge kom nou al vir baie jare aan. Gatvol Vrou, WhatsApp

Daar is ook net soveel wat ’n vrou kan verduur voordat sy dik raak vir haar man se dinge.

En van wat ek kan aflei, het jy al jou fair share van issues met hierdie man gehad.

Hierdie was nie net ’n onskuldige biertjie wat hulle saam geniet het nie. As dit die geval was, sou hy nie daaroor gelieg het nie.

Die keuse om ’n einde aan hierdie huwelik te maak, berus by jou.

Niemand kan anyway van jou verwag om in ’n huwelik te bly waar jou man ander vroue bederf, pleks van om jou, sy wettige vrou, te respekteer en op die hande te dra nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters