23 dae gelede
Gatvol van my kids se pa en sy leë beloftes
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS so verlore en weet nie of ek kom of gaan nie.

My saak staan so: Ek is 31 jaar oud en het my kêrel gelos, want hy wil nie ophou met sy dinge nie.

Ons gaan al 12 jaar uit en het twee lieflike seuns saam. Die oudste is sewe en die baby is twee jaar oud. Ek kan nie sê of hy op my gecheat het nie, want ek weet nie. Maar hy het geen toekomsplanne nie.

Hy gebruik elke naweek tik en slaap soms vir weke uit.

Dan wil hy huis toe kom en maak asof niks gebeur het nie.

Hy het die goeie job wat hy gehad het, voor die pandemie verloor.

Ek het hom elke keer teruggevat en probeer help. Glad afsprake by rehab-sentrums ook vir hom gaan maak. Maar hy het nooit gegaan nie. Ek het uiteindelik opgegee, hom gevra om te trek en gesê ek soek hom nie meer in my lewe nie.

Maar hy kom nog elke keer hier by ons huis, maar spend nie tyd saam met die kinders of vat hulle ’n bietjie uit nie.

Ek het ’n baie sagte hart en gee hom soms nog kos en laat hom hier slaap as dit laat is.

Antie, ek het iemand ontmoet en elke tweede naweek by hom gaan spend.

Jinne, Antie, dit was nog nie eens lank nie, toe dreig hy die persoon om my uit te los.

Toe ontmoet ek ’n persoon op Facebook en ons begin mekaar whats­app. Hy bly in Durban, maar sy kind se ma bly hier in die Kaap.

Hy belowe my die wêreld en dat hy my sy vrou gaan maak.

Hy bel my soms en daar gaan nie ’n dag verby dat ons nie chat nie. As ek nie airtime of data het nie, transfer hy dit vir my.

Hy het in Oktober opgekom vir sy verjaardag en gesê hy gaan eers sy kind sien, en dan wil hy my sien. Glo my, Antie, dit is die laaste wat ek van hom gehoor het. Ek wag nóú nog.

Die eerste week toe hy in die Kaap is, toe post hy ’n foto van ’n meisie en sê hoe lief hy haar het en dat hy nie kan wag om tyd saam haar te spend nie.

My hart was stukkend. Ek het ál sy beloftes geglo. Ek het toe besluit ek gaan nie meer met hom chat en uitvra nie, want hy chat dan ook nie met my nie.

Ek voel hulpeloos. Dit voel of niemand my verstaan nie. Almal wil oor my loop en my gebruik.

Gebruik mans ons vroue dan net? En my kinders se pa? Hoekom kry ek hom so jammer? Verlore, WhatsApp

Liefie, verlore hoef jy glad nie te voel nie, want ten spyte van ál die disappointments wat jy al moes deurmaak, het jy nog baie om voor te lewe.

Nie alle mans gebruik vroue nie. Antie glo die users is ’n klein persentasie van mans wat ál die ander ’n slegte naam gee.

Hierdie ou en sy kind se ma was nooit uitmekaar nie. Hy het jou mislei. Jy het egter jou les geleer en weet nou van beter: Moet niemand glo wat jy nie face to face in die oë kan kyk en in the living flesh beter kan leer ken nie.

Hierdie chat-goeters in die social media gee vir baie ’n alibi om met hul liegtery weg te kom.

Wat jou kinders se pa betref, besef jy nou soos talle ander dat ’n lewe met ’n dwelmverslaafde glad nie maanskyn en rose is nie.

Maar hier is die ding: Jy het probeer help. Jy het selfs so ver gegaan om hom in ’n inrigting te probeer kry. Hy het gekies om nie te gaan nie. Hy kies om nie ’n relationship met jul kinders te hê nie. Hy kies om sy lewe op te mors ...

Antie voel jammer vir jul kinders,, maar aan die einde van die dag sal hy eendag rekenskap vir sy dade moet gee.

Dis nou tyd dat jy aan jou en die kinders se geluk dink. Julle need om vorentoe te beweeg.

Jy need om oukei daarmee te wees om vir ’n ruk lank single te bly, want, glo Antie, wanneer die tyd ryp is, sal die regte en ware liefde jou lewe instap en bereid wees om ’n lewe saam met jou en jou kinders te bou.

Daar is mans wat ál die regte woorde sal sê wat jy so graag wil hoor. Hierdie mans hang in die wandelgange van die sosiale media rond. Bly weg van sulke mans. En besides, jy het nie die goedkeurende woorde van ander nodig om happy te wees nie.

Jy need om jou eie happy in jouself te vind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters