2 maande gelede
Elke pot kry sy deksel, maar oekie altyd nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n groot bekommernis: My vrou weier al van laas jaar af om vir my seks te gee.

Sy bly sê daar is nie ’n ander persoon in die prentjie nie, maar hoekom word ek seks geweier?

Ons is dan getroud. Ek verstaan nie wat aangaan nie. Anoniem, WhatsApp

Hierdie is mos ’n vraag wat eintlik net vroulief kan beantwoord.

Wanneer dit by die sake van die bed kom, kan daar nie raai-raai gespeel word nie.

Daar is natuurlik redes oor hoekom jou sekslewe al van laas jaar af in lockdown is. Hierdie redes sal sy met jou moet deel.

As daar nie ’n ander slang in die gras is nie, kan Antie nie sien hoekom sy nie die redes met jou kan deel nie.

Soos jy sê, julle is getroud en getroude couples behoort die vrymoedigheid te het om dinge met mekaar te deel.

Maak nie saak hoe persoonlik ’n issue dalk kan wees nie, jy het die reg om te weet, want jou arme rug staan seker al boggel van vol kan wees. Laat haar sit en takel hierdie issue op ’n kalm wyse sonder enige verwyte. Laat haar weet jy is daar vir haar en dat jy saam met haar whatever sal face wat haar lus so laat kwyn het.

Liewe Antie Mona

MY MAN het gedurende die lockdown sy werk verloor.

Antie, ek het deur dik en dun by hom gestaan, maak nie saak hoe moeilik dinge vir ons geraak het nie.

Om ’n huishouding met een salaris aan die gang te hou, is beslis nie speletjies nie.

Ek het net weer besef ’n mens is so geneig om te kla oor hoe min jy pay, dat jy nie besef hoeveel gate daai min pay toestop nie.

Ons het deurgedruk. Hy het depressief geraak en aan die drink gegaan. Toe hy sy pension payout kry, word daar mos toe neus opgetrek vir my “min pay” en word ek en die kinders toe vermaak.

Antie, dit was ’n stryd met ’n man wat hom ewe skielik jonk gehou het.

Die vriende wat nêrens te sien was toe ons so swaar gekry het nie, was toe sy priority.

Ek lieg nie vir Antie nie, ek moes wag tot hy tiep en dan in sy sakke vir geld en sy bankkaart krap.

Hy was verskriklik geheimsinnig oor hoeveel geld hy uitgekry het.

Ek het eenkeer laat een van die kinders ’n statement trek – en dis toe ek besef hy het al oor die R100 000 uitgemors.

Maar kan Antie glo, die man is nou smoorkwaad nadat ek hom confront het. Hy het so ’n scene opgesit, ’n mens sou sweer ek het moord gepleeg die way dat hy aangegaan het.

Maar ek het my nie laat onderkry nie. Ek het my voet neergesit en daai mooiweersvriende van hom een-een gaan sien en gesê ek soek hulle nie meer by my man nie.

Natuurlik was my man smoorkwaad vir my, maar ek is ashes. Dinge is nou nog nie lekker tussen ons nie, maar solank sy vriende uit die picture is, is ek happy.

Ek wil vir alle vroue daar buite sê om nie hul opmors-man se stront op te eet nie. Vat hulle vas, want aan die einde van die dag hoef jy en die kinders nie onder sy partytjie-grille te ly nie. – Gelukkige Vrou, WhatsApp

Lekke djy, vrou. Lekke djy. Nee kyk, daar is nie vir jou nie.

Laat hy maar soos watse dragon vuur spoeg, daar is niks verkeerd met wat jy gedoen het nie.

Daar is mans én vroue in hierdie lewe wat eenvoudig niks wil verstaan van uitvreter-vriende nie.

Hierdie sogenaamde “vriende” se gat. Jy sien hulle nooit geld uithaal vir ’n dop of ’n sigaret nie. Hulle boer in jou entjie-pakkie en drankglas. Kaantie lê hul eie geld en rookgoed by die huis.

As dit swaar met jou gaan, is hulle so skoonveld soos die biljoene wat uit ons staatskas verdwyn het.

A nee a, die lewe is eenvoudig net te duur om nog uitvreters te entertain.

Antie sê altyd iemand wat nie sy eie entertainment kan afford nie, moenie eens droom van dop en tjops nie. Jou man moet maar net oor sy gekneusde ego kom, want dit is ’n fool wat ander mense met sy bloedsweet-geldjies wil entertain.

As hy homself wil geniet, kan hy dit gerus maar by jul huis doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters