Liewe Antie Mona
EK IS 43, oorspronklik van PE en bly tans in F.
Ek is gelukkig getroud.
Ek was voorheen ook sewe jaar getroud. In daai tyd dat ons getroud was, het ek nie gewerk nie.
Natuurlik kon ek haar nie help met goed in die huis nie. Ek kon ook nie help om goed vir ons kind te koop nie.
Vandag is ek baie gelukkig getroud met ’n ander vrou. Ons is nou al ses jaar getroud.
My vrou gee elke maand ietsie van haar salary vir die kind wat ek by my eks het.
Ek moet erken dat dit regtig nie baie is nie.
Tydens
ons egskeiding het ek vir my eks gesê dat ons binne gemeenskap van
goedere getroud is en dat ek entitled is op 50% van alles wat ons saam
het.
Maar toe voeg ek ook by dat ek dit nie wil hê nie.
Net nadat ons geskei is, het sy haar pensioentjie by haar vorige werk gekry en dit alles verkwansel.
Sy het nou onlangs gehoor dat ek nou ná ál die jare werk.
Nou raak sy moeilik in terme van die bedrag wat my vrou vir haar moet gee.
Ek het haar toe gesê dat sy moet onthou dat ek niks van haar gevat het toe ons geskei het nie.
Was ek verkeerd toe ek haar so gesê het? – R, Whatsapp
Dit was destyds jou besluit om niks uit die “deal” van jul egskeiding te vat nie.
Antie
vermoed jy het gevoel dat jy niks finansieel tot die huwelik bygedra
het nie en dat dit nie reg gevoel het om dus iets uit hierdie huwelik te
neem nie.
Daardeur het jy egter nie die onderhoud van jou kind for life gesettle nie.
Toe jy nie gewerk het nie, het jou huidige vrou van haar geldjies afgeknyp om jou kind te support.
Antie
hoop jy sê elke dag vir die liewe Heer dankie vir ’n vrou soos joune
wat bereid was om in te tree vir ’n kind wat nie haar responsibility is
nie.
Jy werk egter nou en dis tyd dat jy nie net met die mond dankie sê vir jou vrou nie, maar ook in daad.
Jou vrou hoef nie nou meer agteroor te buig om jou verantwoordelikhede na te kom nie.
Gaan na jou naaste kinderhof en verduidelik dat jy graag, noudat jy werk, jou verpligtinge teenoor jou kind wil nakom.
Laat ’n beampte vir jou die proses verduidelik en dan sit jy die betaal-bal aan die rol.
’n Hof sal gedurende hierdie proses beslis watter bedrag vir jou kind betaalbaar sal wees.
Verbind
jou asseblief daartoe, want as jy eerlik met jouself moet wees, het jy
dit jare lank lekker gehad deur nie maintenance te betaal nie.
Dis jou eie vlees en bloed, so moenie nou wil terugstaan en jou eie kind dit wil ontneem wat hom of haar toekom nie.
Begin regmaak aan die dinge waaraan jy destyds nie met jou leë wallet aandag kon skenk nie.