Verlede maand
Ek’s ‘useless’ noudat ek nie meer werk nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS by ’n punt waar ek nie meer watter kant toe nie.

Dit voel asof alles net besig is om uitmekaar te val.

Met die lockdown het ek my werk verloor en ek sukkel steeds om werk te kry.

Die meeste van my skuld kon ek afbetaal en darem seker maak ons verloor nie die dak oor ons kop nie.

Antie, ek sou dink dat ek oor die jare bewys het dat ek alles vir my gesin sal doen. En so hét ek ook.

Maar noudat ek by die huis is, is my vrou ’n ander mens. Ek word nie meer dieselfde behandel nie.

Antie, ek sit nie en niks doen nie. Wanneer sy by die werk is, maak ek die huis skoon en kook. Ek was ook ons almal se klere en hang dit uit.

Verder bly ek op die uitkyk vir werk en gooi by CV orals in – ook by plekke wat minder betaal as wat ek voorheen verdien het.

Dit lyk vir my my vrou sien dit nie raak nie. Sy paartie nou naweke met haar vriendinne en kom laat huis toe.

As ek met haar hieroor praat, dan sê sy ek het nie ’n sê nie, want ek dra nie by tot die huishouding nie.

Haar woorde maak baie seer. Ek kan sien dat haar gedrag die kinders ook negatief beïnvloed.

Ek het probeer om met haar hieroor te praat, maar as sy nugter is, dan lyk dit sy hardloop weg van die onderwerp af.

Ek is nog lief vir haar, maak nie saak hoe sleg sy my behandel nie.

Ek weet net nie meer wat om te doen nie. – Moedelose Hubby, E-pos

Ai, dit is jammer dat jou vrou nou só uitgedraai het.

Dis so asof sy nou haar ware kleure wys en jou al die jare eintlik maar net as ’n cash cow gesien het.

Covid-19 het die lewe vir ons almal moeilik kom maak.

Derduisende mense sit vandag sonder werk as gevolg van die virus se verwoestende impak.

Die laaste ding wat jy en jou huwelik nodig het, is dat jou vrou ook nou soos ’n virus wil perform.

Sy sal na die tafel moet kom. Om te praat, nie om te paartie nie.

Sy kan nie net die guts wil hê om jou in te doen as sy ’n paar happe in het nie. Jul huwelik is op die spel.

Sy is darem nog skaam oor haar gedrag, so, dis een goeie teken.

As sy nie alleen saam jou om ’n tafel kan sit en die issue kan bespreek nie, sal dit nie ’n slegte idee wees om bv. jul pastoor vir berading te betrek nie.

Iets moet jy doen – en vinnig. Want teen hierdie pas stuur jul huwelik op groot probleme af.

Liewe Antie Mona

EK HET twee kids by ’n meisie met wie ek laas jaar opgebreek het.

Dinge was eenvoudig net toxic tussen ons.

Ek is altyd beskuldig dat ek cheat en kon nie eens met ’n vroumens praat nie, dan jol ek.

Later het ek uitgevind dat sy eintlik die een was wie ’n ding met een van haar kollegas aan het.

Toe ek haar confront, sê sy sy het dit gedoen omdat ek eerste gecheat het.

Maar ek het nog nooit. Ek was nog altyd committed aan haar en ons kinders.

Dinge het net slegter uitgedraai en ons het besluit om maar op te breek.

Ek support nog my kinders, maar nou trek sy stram en wil nie hê ek moet hulle sien nie.

Haar ma versterk haar ook en het haar aangemoedig om hof toe te gaan vir meer maintenance-geld.

Ek voel dis baie onregverdig van haar. Sy was dan die verkeerde een.

Nou loop en vertel sy vir almal dat ek ’n sleg pa is wat nie my kids wil support nie.

Hoe hanteer ek die situasie, antie?

Ek mis my kids en het hulle maande laas gesien.

Ek kan nie glo dat sy so uitgedraai het nie. – Desperate Pa, E-pos

Wanneer ’n verhouding skipbreuk ly, is dit in baie gevalle die kinders wat die meeste suffer.

Een ouer span dan die kinders as ’n tool vir manipulasie in om die ander ouer te spite.

Diep kinderagtig ... en so onnodig, want wat het die arme kinders dan nou gedoen om hierdie tipe situasie te verdien?

As hul pa het jy die reg om toegang tot jou kinders te hê.

Hierdie poging om meer papgeld uit jou te wurg, kan maybe in jou guns tel.

So, wanneer julle moet voorkom, kan jy jou saak aan die betrokke landdros stel.

Laat hy/sy presies hoor hoe sy jou die reg van toegang tot jou kinders ontneem en vra dan sommer dat ’n besluit dáároor ook geneem moet word.

As daar in jou guns beslis word, kan jou kinders nie meer van jou weerhou word nie.

Antie hou albei duime vas dat jy gou weer jou kinders sal kan sien. Kinders need albei ouers in hul lewe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters