14 dae gelede
Eks se troupraatjies stop ná seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my kind se pa is nie meer saam nie. My kind verlang baie na hom. Ek ook, maar word afgesit deur die dinge waarmee hy tans besig is.

Daar is nou ’n eks van my in die prentjie met wie ek jare gelede uitgegaan het.

Sy ouers is baie oor my, noem my glad hul skoondogter, maar die gesprek gaan nooit oor die kind wat ek het nie.

Ek en hierdie ou het die laaste paar maande seks, maar agterna behandel hy my asof ek nie bestaan nie. Ek voel sleg, maar ek kan nie verstaan dat ek toelaat dat hy my so misbruik nie.

Hy het vroeër van trou gepraat, maar nou nie meer nie. – Twyfel, Whatsapp

Hierdie ou het geen begeerte om met jou te trou nie. Sodra hy uitgekuier is, gaan hy aanbeweeg.

Dit is ook kommerwekkend hoe sy mense jou as ’n toekomstige skoondogter kan sien, maar conveniently die feit ignoreer dat jy ’n kind het.

Jou kind is deel van die package en kan nie weggewens word nie. Dink hulle dan jou kind gaan verdwyn die dag as jy met hul seun trou?

Dis tyd dat jy hierdie ou reguit vra wat sy planne met jou is en of jy net daar is om sy saamslaap- behoeftes te vervul. Jy moet nou vasstel of hierdie niks anders as die mors van kosbare tyd is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters