Verlede maand
Eks se swinging liefde sal tol eis op jou lewe
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WAS op hoërskool toe ek my eerste groot liefde ontmoet.

Hy is twee jaar ouer as ek. Hy het my toe gelos om vir sy familie ’n punt te bewys deur ander meisies te date.

Hulle was almal minderjarig en sy ma het toegelaat dat hy onder haar dak by hulle slaap.

Daar was baie van hulle. Ek het die gevoel gekry dat hy dié dinge doen om my seer te maak.

Ek het hom gesoebat om my terug te vat, want ek het niks gedoen wat hom rede sou gegee het om my te los nie.

Maar hy wou net mooi niks daarvan weet nie. Daar was nagte dat ek my self aan die slaap gehuil het oor hom.

Ek het glad siek geraak oor hom, maar steeds het hy hom nie aan my gesteur nie.

Ons het even groot planne saam gehad. Wanneer ons klaarmaak met skool, sou ons saam gaan studeer het, maar dit het toe nooit gebeur nie.

Dinge het aanhou gebeur. Hy het verskillende meisies gesien. Dit het my gebreek. Toe het ek met my lewe probeer aangaan.

Maar elke keer wanneer hy gehoor het ek sien iemand, dan wil hy terugkom en dan is hy so lief vir my – totdat ek hom glo en dan my verhouding met die persoon beëindig.

Dan vat ek hom terug, maar dinge is nooit weer dieselfde nie, want hy het nie verander nie.

Dan beëindig ons weer dinge en ek beweeg weer aan.

Maar dan kom hy weer in my lewe en ek doen net weer dieselfde: Ek beëindig die verhouding met die ander ou.

Eendag het ek gehoor hy het ’n vaste meisie en dat hierdie meisie swanger is van hom.

Ons het mekaar voor dié meisie nog heeltyd gesien en gereeld seks gehad, want ek kon hom net nie vergeet nie.

En hy wou toe weer saam met my wees, ten spyte daarvan dat hy die meisie swanger gemaak het.

Hy sou haar los, maar het nooit sover gekom nie.

Antie, hy bly sê dat hy ontsettend lief is vir my, maar hy kan nou eenmaal net nooit die meisie los nie.

Ek het intussen aanbeweeg met my lewe en is al amper twee jaar in ’n verhouding. Ek is baie gelukkig met my nuwe kêrel.

My eks wil my egter nie uitlos nie. Hy sê hy is nog lief vir my en wil saam met my wees.

Hy doen egter niks om te bewys dat hy regtig saam met my wil wees nie.

Dis asof hy wil hê ek moet weer vir hom my verhouding beëindig, maar ek kan nie, want ek het hierdie outjie lief en kan dit nie aan hom doen nie. Hy praat al van verloof raak.

Het Antie raad vir my? Con­fused Meisie, WhatsApp

Jou eks is ontsettend lief daarvoor om jou vir ’n pop te vat.

Meisa, hy is nié lief vir jou nie; hy is besitlik. Hy gun jou eenvoudig nie vir iemand anders nie.

Maar hý slaap rond en bevrug al wat ’n girl is. En as hy hoor jy het aanbeweeg, dan kom sy “ontsettende liefde” weer na vore.

En wat nog meer tragies is, is dat jy elke keer vir hierdie flou, holruggeryde rympies van hom val.

Elke keer dat jy vorentoe beweeg, laat jy jouself weer agteruit beweeg deur hom in jou lewe te allow.

Dis dieselfde in hierdie geval. Jy het iemand wat daaraan dink om die res van sy lewe saam met jou te spend, maar as Meneer Eks liefde jou kant toe poep, sal jy hierdie ou ook los en deur jou vingers laat glip – net om later maar weer teleurgestel te word.

Hierdie man het jou al diep seergemaak, maar jy gaan pal terug na hom vir nog seer.

Jy het so eks-voël-koors onder lede dat jy selfs wil hê hy moet ’n swanger meisie los om saam met jou te wees.

Antie het nuus vir jou: Die eerste man by wie jy slaap, is nie noodwendig jou one and only nie.

Jou lewe hoef nie te begin en eindig by die eerste een saam met wie jy in die bed gespring het nie.

Jy vergewe hom elke keer vir die stront wat hy aanvang en die seer waarmee hy jou elke keer opsaal.

Jy gaan eendag oud en eensaam eindig as jy aanhou toelaat dat hierdie man só met jou speel.

Dis tyd dat jy groot raak en besef daar is niks spesiaals omtrent jou eks se tollie nie. Inteendeel, hy’s dan sommer oral.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters