Verlede maand
Ek wonder of kollega ook feelings het vir my
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WERK al vir ’n hele paar jaar met ’n kollega en ons kom goed oor die weg.

Voor die lockdown sou ons altyd Donderdae ná werk vir ’n drankie gaan.

Hierdie was om te unwind en dan sommer ’n bietjie oor ons lewe buite die werk te praat.

Antie, sy is ’n wonderlike vrou met twee pragtige kinders. Haar man is egter nie so wonderlik nie.

Hy treat haar sleg en weet nie van om haar met respek te behandel nie.

Sy sal altyd teenoor my kla oor hoe hy haar weer sleggesê het.

Hulle is al amper 10 jaar getroud. Ek is ook getroud en ek en my vrou het ook maar ons troubles.

Daar is baie kere dat ek voel my vrou waardeer my nie en het nie waardering vir wat ek vir ons gesin probeer doen nie.

Ek en my kollega het altyd gegrap dat ons maar ons partners moet los en mekaar moet vat.

Ek moet sê dat dit nog altyd net by grappe gebly het.

Maar die laaste tyd dink ek meer en meer daaraan oor hoe ’n lewe met hierdie kollega van my moet wees.

Ons is soul mates. Ons hou van dieselde Netflix series, ons hou van dieselfde musiek, ons kan altyd oor dieselfde onderwerpe praat ...

Ek kan nie glo dat ons eintlik nooit voorheen ontmoet het nie, want ek is seker daar sou ’n romantic spark tussen ons gewees het.

Ek het in die laaste tyd maar min van haar gehoor noudat ons van ons huise af werk.

Laas het ek gehoor dat haar man sy werk weens Covid verloor het.

Ek vermoed hy haal dit seker op haar uit, maar as ons nou wel soms chat, vermy sy die topic.

Ek bekommer my oor haar en wil nie hê sy moet in stilte suffer nie.

Aan die ander kant wonder ek of ek haar nie moet vertel van my gevoelens nie.

Maar dan dink ek weer dat ek ons vriendskap kan verloor.

Wat staan my te doen? Hierdie geworry oor haar maak dat ek nie saans lekker kan slaap nie.

Ek is deesdae selfs nasty teenoor my vrou en sy verdien dit nie, want sy’s ’n wonderlike ma vir ons kids.

Daai is ook ’n probleem: Sy is ’n wonderlike ma vir ons kinders, maar daar is geen spark meer tussen ons nie.

Ek voel net dat my lewe baie beter sou wees saam met hierdie kollega van my.

En ek kan nie anders as om te wonder of sy dalk dieselfde as ek voel nie.

Gee my raad, asseblief. – Verlief op Kollega,e-pos

Jy weet, dit is altyd ’n gevaarlike terrein om te betree as jy ’n werk- en persoon­like verhouding mix.

Ja, daar is niks daarmee verkeerd om vriende by die werk te hê nie.

Soms sal vriende ook persoonlike goed met mekaar deel.

Maar dit is in sulke oomblikke dat die lyn tussen ’n werksverhouding en ’n persoonlike een geblur kan word.

Sien, wat veels te veel couples doen, is om die issues in hul huwelik met vriende en kollegas te discuss eerder as om dit met die partner te bespreek.

Daar is sommige wat sal sê hulle doen dit om ’n beter perspektief te kry, maar wat jy eintlik doen, is om jou huislike probleme se deur vir ander oop te maak.

Dit is egter nie net die deur van jou huis wat oopgemaak kan word nie, maar ook dié van jou hart, soos wat jy nou agtergekom het.

Ja, daar is ’n “spark” en ja, dit voel asof julle sielsgenote is.

Maar die absolute realiteit is dat beide van julle getroud is.

En nie net getroud nie, maar daar is kinders ook involved.

Hoe haar man haar ook al treat, dis is ’n saak tussen hulle. Die keuse bly hare of sy haar so sleg wil laat behandel, en of sy iets aan die saak gaan doen.

So ook is dit jou responsibility om die haakplekke in jou huwelik uit te stryk. Jy kan nie jou frustrasies op jou vrou wil uithaal omdat jy ’n knop in jou broek kry vir ’n ander man se vrou nie.

Onthou, die vows wat jy afgelê het, was vir die goeie én slegte tye.

Die slegte tye is nie so sleg as julle as ’n couple daardeur kan kom en jul bond sterker is nie.

Nie een van ons kry als wat ons in die lewe wil hê nie. Soms loop die lewe snaakse draaie met ons. But you know what, in die meeste gevalle vat hierdie draaie ons presies na waar ons moet wees.

Daar is baie meer op die spel as wat jy vir hierdie kollega voel. Liefde kan soms selfsugtig wees, maar liefde allow jou baiemaal om meer aan ander en hul feelings te dink as aan jouself.

Antie hoop en vertrou dat jou oë oop sal gaan en dat jy sal besef dat jy nie met vuur hoef te speel wat jou definitief lelik gaan verbrand nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters