19 dae gelede
Ek wil opmaak met my vrou ná my jollery
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van G en was vir 10 jaar gelukkig getroud.

Maar toe begin jol ek en my vrou skei toe van my.

Dinge het nie uitgewerk met die ander meisie nie.

Ek is weer terug by die vrou met wie ek getroud was, maar ek slaap nou by my dogter in haar kamer.

Ek wil graag weer opmaak met my eksvrou.

Dink Antie sy sal my ooit weer ’n kans gee? – J van G, WhatsApp

Jy sal met Antie saamstem dat jou destydse jollery jou eksvrou diep, diep seergemaak het.

’n Vrou kom nie maklik oor sulke pyn nie, veral nie as sy 10 jaar van haar lewe in jul huwelik invest het nie.

Vergifnis kom makliker vir sommige as vir ander.

Maar om te vergeet, is ’n ander saak.

Jy sal jou sokkies af moet werk om weer haar vertroue te wen. Maklik gaan dit nie wees nie, maar as jy serious is oor opmaak en oor begin, sal jy volhard.

Antie dink waaroor jy darem ’n bietjie hoopvol kan wees, is die feit dat sy jou weer in die huis toegelaat het.

Nou moet jy jouself bewys en weer jou way vind tot in die hoofslaapkamer.

Jy sal maar net jou A-game moet uithaal om haar en haar trust terug te wen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters