Verlede maand
Ek wil nie meer trou ná girl op my cheat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my outjie bly saam. Ons het ’n tweejarige dogtertjie.

My outjie betaal die rent, maar verder paartie hy sy geld uit saam met die “boys”.

Hy sal ons nie eens uitvat vir ete nie. Ons agreement is hy betaal die rent en ek sal sorg vir kos en wat ons kind nodig het.

Maar as ons iewers gaan vir take-aways, moet ek daarvoor betaal.

Weekends en op pay-dag entertain hy die ouens. Daai ouens suip en rook hom net kaal.

As ek met hom hieroor praat, dan raak hy kwaad.

Ek is so moeg van oor en oor dieselfde ding te moet opbring.

Antie, hy steur hom eenvoudig nie aan my nie.

Wat maak ’n mens met so ’n ou? FT, SMS

Ai, daar is mos van daai sensi­tiewe mansmense wat niks wil hoor van hul vriende nie.

Dis so goed jy vloek sy ma as jy net ’n skewe woord van een van sy vriende sê.

Die realiteit is egter dat hierdie nie vriende is nie, maar uitvreters. Jou outjie is te blind om dit te sien of te admit.

Vir hom gaan dit daaroor dat jy sy fun wil spoil, maar watter fun is dit om deur sogenaamde vriende uitgevreet te word?

Soos hy ouer geraak het, moes hy nou al hierdie uitbuiters se modus operandi agtergekom het. Maar nee, dis seker mos fun om so uitgebuit te word.

Niemand is so blind soos die persoon wat nie wíl sien nie. Vir solank as wat hy nie kan sien hoe hierdie so-called vriende hom net misbruik nie, gaan hy aanhou so voortploeter.

Dis nou tot groot nadeel van jou en jul kind. Antie kan maar net hoop dat hy een van die dae tot sy sinne sal kom.

Liewe Antie Mona

EK SOU laas jaar getrou het, maar toe kom maak Covid mos groot nonsens.

In ’n way dink ek die virus was ’n blessing in disguise, want ek het uitgevind dat my meisie en een van haar colleagues ’n ding aan het.

Ek het lankal ’n vermoede gehad, maar nooit enige evidence nie.

Die probleem is dat ek lief is vir hierdie meisie, maar aan die ander kant kan ek ook nie myself so vir ’n pop laat vat nie.

Ek praat nou al ’n hele tydjie nie meer van trou nie en nou vra sy my gedurig hieroor uit.

Antie, ek weet nie wat om vir haar te sê nie.– G van H, e-pos

Liefie, eintlik is dit heel maklik: Maak jou mond oop en sê vir haar jy gaan jou nie langer vir ’n pop laat vat nie, dat jy weet van haar dinge en dat sy maar trou op haar maag, of hierdie skelmpie van haar se maag, kan skryf.

Jy kan jou sterre dank dat jy van haar dinge uitgevind het voor jou I do’s jou aan hierdie verneuker verbind het.

Ja, Antie weet dit voel nie lekker om te weet dat iemand wat jy liefhet, jou verneuk nie.

Maar you know what? Daar is nog meer as genoeg visse in die see.

Die regte een sal op jou pad kom – Iemand wat net lief sal wees vir jou en vir jou alleen.

Jy verdien nie ’n cheater nie. Jy verdien iemand wat jou kan liefhê soos wat jy daai persoon liefhet.

Dis tyd dat jy ’n einde aan hierdie verhouding maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters