Verlede maand
Ek wens my druggie kind kan Covid kry en sterf
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY SEUN is ’n druggie en gee my ál die dae van my lewe.

’n Mens moet seker nie so wens nie, maar ek het al gewens dat hy net Covid kan kry en sterf.

Hy is al 30 jaar oud, maar het nog niks in die lewe bereik nie.

Hy was al rehab in en uit, maar dis net ’n paar maande, dan is hy weer op die dwelmpad en sommer erger as vantevore.

My goed word uit die huis gesteel. Selfs my kos word uit die freezer gesteel om verkoop te word.

Vloek en skel help lankal nie meer nie. Hy is my seun uit ’n vorige huwelik en veroorsaak baie probleme in my huidige verhouding.

Hy het my meisie al in die huis rondgestamp en vloek en skel baie op haar as ek in die werk is.

Sy is al bang om alleen by die huis te wees saam met hom.

Hy val haar lastig vir geld en as sy nie het nie, dan moet sy onder hom deurloop.

As ek uit die werk uit kom, dan hou hy hom skaars.

Antie, ek weet nie meer wat om te maak nie. Dit voel net of ek ’n losing battle fight wat ek nie kan wen nie.

Dit baat nie om die polisie vir hom te bel nie, want hulle kom nie eens meer uit as ek bel nie. Hy is net een groot probleem. Raadop Pa, E-pos

Dwelms is ’n groot kopseer in baie van ons gemeenskappe.

Dis veral ouers wat meestal so in silence suffer en basies hostage gehou word deur hul kinders en hul dwelmprobleem.

Jy het alles probeer en hierdie kind wil steeds nie reg sê nie. Dit is glad nie nodig om te wens dat Covid sy kant toe moet loer nie.

Maar wat jy wel kan doen, is om ’n bietjie tough love toe te pas.

Kyk, een ding wat jy mooi moet verstaan, is dat hierdie verhouding van jou nie lank gaan hou met die way hoe jou seun perform nie.

Dis net ’n kwessie van tyd voordat jou meisie moeg raak vir die drama en besluit om die pad te vat.

Jou seun is nie meer ’n kind nie en behoort man te staan vir sy eie lewe.

Sit hom uit. Dis tyd dat hy op sy eie voete staan en vir ’n slag vir homself begin sorg. Niks in jou lewe gaan verbeter solank hy die lewe vir julle versuur nie.

As hy nie wil hoor nie, moet hy vir ’n slag voel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters