2 maande gelede
Ek wens Covid kan my ontroue man wegvat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY HART bloei vir die meisie wie se pa niks met haar te doen wil hê nie.

’n Paar jaar gelede was ek in dieselfde bootjie met ’n pa wat ook niks met my te doen wou hê nie.

Hy het almal geblameer vir die verbrokkeling van sy huwelik. Almal, behalwe homself.

En nadat ek van my kant probeer het om die brûe weer te bou, wou hy eenvoudig niks weet nie.

Ek het besef dat hierdie gesoebat vir die liefde en aandag van my pa my niks in die sak bring nie.

Toe besluit ek maar om aan te gaan met my lewe. Sowat ’n jaar gelede het hy kontak gemaak.

Doodsiek en op sy sterfbed het hy skielik gedagte van sy kinders gekry en wou hy my om vergifnis soebat.

Ek het maar na hom gegaan en na sy gepleit en stortery van trane geluister.

Maar binne my was dit dood, want ál wat ek voor my gesien het, was ’n scary, sieklike man wat vir die dood bang was.

Meisie, wie en wat jou pa vandag is, is nie jou skuld of worries nie.

Gaan aan met jou lewe. Leef vir jou en jou kinders.

Hul sonde haal hulle altyd in wanneer dit te laat is. – Anoniem, e-pos

Weet jy, dis só waar: Die sondes wat ons inhaal, kan – soos spyt – te laat kom.

Jy kan nie jou eie vlees en bloed afskryf omdat jy kwaad is vir die wêreld nie.

Hopelik lees hierdie pa en alle ander hardkoppige ouers jou brief en besef daar is nie meer tyd vir halstarrigheid in hierdie lewe nie.

Liewe Antie Mona

EK HET so ’n ruk gelede uitgevind my man en sy kollega is meer as net kollegas. Hulle is lovers.

Natuurlik het ek hulle konfronteer en natuurlik het hulle gestry.

Ek het nie bewyse gehad nie, maar hulle het altyd laat gewerk. En wanneer hy tuiskom, was dit altyd reguit shower toe – met sy foon.

Ná vyf jaar van getroude lewe het ek besef ek en my kind beteken niks vir hierdie man nie.

Ek wil skei, maar hy klou soos ’n neet. My liefde vir hom is dood.

Ek kan nie help nie, maar elke aand as ek gaan slaap, wens ek dat Covid hom kan kom wegvat. – Verbitterd, WhatsApp

Liefie, hoe seer jy ook al op hierdie oomblik mag voel, bid ons nie die dood op ander nie.

Nie terwyl ons anyway iets anders aan die saak kan doen nie.

Los hom en sy dinge maar vir karma, wat altyd die perfekte resep vir sulke mense het.

Jy kan nie gedwing word om in ’n huwelik te bly wat jy nie veel langer van deel wil wees nie.

Dis jou volste reg om die egskeidingsbal aan die rol te sit.

Doen wat jou en jou kind happy gaan maak.

Liewe Antie Mona

MY TWEE stiefkinders dryf my teen die mure uit.

Ek kan glad nie meer cope nie, Antie.

Elke dag voel soos hel wat homself net weer oor en oor herhaal.

Antie, ek is 24 en my man is 56 jaar oud.

Ek en die kinders van sy vorige huwelik is min of meer dieselfde ouderdom.

Ons het ontmoet toe hy en sy vrou al lankal uitmekaar en geskei was. Maar die way hoe sy kinders aangaan, sal ’n mens sweer ek is die rede vir hul ouers se egskeiding.

Hulle almal lei hul eie lewe, maar daag sommer hier op en maak en doen dan net wat hulle wil.

Hulle praat met my asof ek ’n stuk ding is en die seerste van alles is dat my man niks aan die saak doen nie.

Ek weet nie meer wat om te doen nie.

Ek begin nou dink dat dit maar beter sal wees om ’n einde aan hierdie huwelik te maak. – Hartseer, WhatsApp

Ongelukkig kan dinge heavy uitrafel – veral in ’n geval waar die kinders nie happy met die nuwe vrou in hul pa se lewe is nie.

Die feit dat daar nie veel van ’n ouderdomsverskil tussen jou en die kinders is nie, gee hulle nie die reg om met jou te maak soos wat hulle lus het nie.

En verder kan hierdie battle nie gewen word as jou man nie na die paartie kom nie.

Ja, hierdie is sy kinders en maybe wil hy nie sy verhouding met hulle versuur nie. Maar jy as sy vrou kan nie onder die bus gegooi word net sodat hy in vrede met sy kinders kan leef nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters