28 dae gelede
Ek vermoed huisvriend jol lekker met my vrou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n vermoede my vrou en ons huisvriend het ’n affair aan.

Daar was ook stories wat die ronde gedoen het, maar albei ontken dit.

Dit is nogal moeilik vir my rondom ’n kuier as ons in mekaar se geselskap is.

Hulle albei het baie om te verloor as een alles sou erken. Daar is kinders betrokke en vriendskappe wat dan sal ly.

Ek vermoed my vriend oortuig my vrou om alles te ontken as daar nie regte bewyse is of hulle betrap word nie.

Hy is ’n ou kalant met streke en kon haar dalk oortuig dat albei van hulle dit saam moet ontken, want dit was dalk net “pret” en “avontuur”.

Dis nou al ’n tydjie dat dit my pla. Ek wil alles graag net agter my sit en aanbeweeg.

As my vrou net alles wil erken, sal ek bereid wees om te vergeet en aan te beweeg.

Moet ek dit weer ophaal by my vrou? Hartseer Man, WhatsApp

Daar is niks plesierigs en avontuurlik aan ’n jollery binne ’n huwelik of verhouding nie.

Ongelukkig is vergewe en vergeet baiemale net woorde wat jy in ’n woordeboek sal kry.

Once jy die confession het wat jy so soek, sal vergifnis dalk nie so maklik oor jou lippe kom en deur jou gedagtes vloei nie.

Antie lei af dat jy en jou vrou reeds hierdie gesprek gehad en dat sy alles ontken het.

Dus kan jy jouself maar klaarmaak dat sy weer dieselfde psalm gaan sing.

Sonder enige bewyse is dit ook maar moeilik om elke keer jou eie psalm van twyfel te herhaal.

Kan dit dalk wees dat albei van hulle die waarheid praat? Antie mean maar, hierdie afleidings kan nie net op grond van vermoedens gemaak word nie – maak nie saak watter haan onder die henne hierdie huisvriend in die verlede was nie.

Julle need therapy. Hierdie dinge wat die duiwel in jou oor fluister (of dit waar is of nie), het die vermoë om onherstelbare skade in jou huwelik aan te rig.

En voordat die koeël deur die kerk is, moet julle as ’n couple saam hierdie doubts en vrae aanpak. Hierdie twyfel kan nie so op die stoof aanhou prut nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters