Verlede maand
Ek soek dringend help vir my dwelmprobleem
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n dame van 34 jaar oud en ek het ’n drug-probleem.

Weet Antie dalk van ’n rehab-sentrum waarheen ek kan gaan?

My familie moenie weet nie, want dit sal hul harte breek.

Ek soek dringend hulp, asseblief! – Soek Hulp, WhatsApp

Antie wil jou eerstens ’n klop op die skouer gee omdat jy besef jy het ’n probleem en daarvoor hulp soek.

Jy moet egter onthou dit wat jy tans deurmaak, is geen skande nie.

Jou familie sal dalk teleurgesteld wees, maar verstoot sal hulle jou glad nie.

Rehab is nie ’n maklike proses nie. Dit verg toewyding en ’n ysere wil om die dwelmduiwel te oorwin.

Dit is juis dán dat die support van jou familie so ’n belangrike rol kan speel.

Jy hoef nie in die donker alleen te suffer nie. Uitdagings is altyd beter as familie en vriende wat vir jou omgee, die pad saam jou kan stap.

As jy die privaat roete wil gaan, kan rehab ’n duur storie wees.

Google gerus vir sulke instellings, maar hou in gedagte dit gaan ’n klompie geld kos.

Rehabs wat deur die staat gesubsidieer word, is vir baie die aanvaarbare alternatief.

Antie kom agter jy is redelik haastig om jouself ingeboek te kry, maar as dit kom by rehabs wat deur die staat ondersteun word, is daar altyd ’n ellelange waglys.

Hoe langer jy egter wag, hoe langer sal hierdie waglys raak.

Hier volg sentrums wat jy kan kontak en om uit te vind watter proses jy moet volg om ingeboek te word: Ixande (021 761 7348), Ramot (021 939 2033), De Novo (021 988 1138) en Harmony (021 790 7779).

As jy ’n bietjie op die internet rondkyk, sal jy sien daar is heelwat meer fasiliteite wat jy kan kontak.

Alle sterkte en onthou: Moenie net die begeerte hê om iets aan die saak te wil doen nie; dóén iets aan jou saak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters