15 dae gelede
Ek skep ‘padkos’ oor my vrou te suinig is in bed
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK RY long-distance-trokke en het nie soveel probleme soos die ouens wat so oor ’n stukkie kla nie.

Antie, ek en my vrou is al donkiejare getroud en die miesies is al lankal suinig om my ’n stukkie te gee.

Vloek, skel en bollewange wees het my niks in die sak gebring nie.

So, ek skep nou maar al vir jare vir my van die “padkos” op my roetes.

Vroulief weet van niks af nie – solank sy mos die pay-pakkie kan sien, is sy happy.

Ek is ook happy, want dit is nie ’n stryd om my rug leeg te kry nie.

Mans, hou op kla. Neem beheer oor die situasie. Dis jóú rug wat leeggemaak moet word.

As jou vrou nie wil afgee nie, is dit tyd om jou pond vleis op ’n ander plek te kry. Trokdrywer

Jy wat so long-distance ry, kyk net hoe groot is die distance tussen jou en jou vroutjie die dag as jy uitgevang word.

Nogal lekker wil spog oor jou hoerery! Antie hoop nie daar is ander mans wat gaan val vir jou pap-tril-raad nie.

Om in jou huwelik “padkos” op te gaar, is teen ál die vows wat jy destyds afgelê het.

Geen huwelik is perfek nie. Daar is baie struikelblokke. Dit behoort jou mission te wees om dié goete aan te pak en oplossings te kry.

Jou rug gaan vir jou nog baie probleme in jou huwelik veroorsaak.

Liewe Antie Mona

EK HET nou al alles gedoen om my huwelik te probeer red, maar niks wat ek doen, is goed genoeg of werk nie.

Antie, my vrou het eenvoudig nie tyd vir my nie.

As sy haar nie moeg chat snags nie, dan slaap sy haarself bedags dood.

Met wie sy chat, weet die Vader alleen.

Ek het al gevra, dan word ek vertel ek moenie vir my bis kom hou nie, want sy chat met haar vriendinne.

Ons is nou maar 3 jaar getroud en die afgelope 18 maande kan ek dit eenvoudig net nie meer uithou met haar nie.

Sy lieg vir my, dáái weet ek vir ’n feit, want ek het al vir haar vriendinne gevra of hulle dan nie ken van snags slaap nie, toe weet hulle nie waarvan ek praat nie.

My vrou het al vir my gesê sy wou nie met my trou nie, maar haar ma het dik gehou.

Voor ek en sy ontmoet het, was sy met ’n getroude man deurmekaar.

Dinge was glo heavy tussen hulle, maar die man wou net nie tot skei kom nie.

Haar eie suster het dit vir my vertel, maar toe was die koeël al deur die kerk, want ek is baie lief vir haar.

Ek wil so graag met ’n gesin begin, maar sy sê sy het nie tyd hiervoor nie.

Hoekom, weet ek nie, want sy het in die lockdown haar werk verloor en is nou heeldag tuis. Mos die perfekte tyd vir babatjie kry. Maar nee, dit lyk my ek praat met die mure as ek dit net noem, want sy ignoreer my totaal en al.

Sy bly moeg en ek kry sulke onplesierige seks waar ek elke keer duidelik op haar gesig kan sien sy is nie lus daarvoor nie.

Dan word ek nog vertel ek moet “klaarmaak”. Waar kan ’n vrou dít aan haar man sê? Maar as ek pay, staan sy teenaan en dan moet ek aan ál haar behoeftes voldoen.

Ek is nie iemand wat baie kla nie, maar ek kan nie meer nie.

My familie weet nie van die hel waardeur ek elke dag gaan nie, want as hulle in die omtes is, is sy ’n engeltjie.

Ek dink dis tyd dat ek handdoek moet ingooi, Antie. – Moedeloos, per e-pos

Dit sal vir veral jou familie ’n skok wees as jy handdoek moet ingooi, maar as mense moet weet van alles wat jy moet deurmaak, sal niemand jou blame nie.

Liefie, jou vrou chat in alle waarskynlikheid ’n hond uit ’n bos met hierdie getroude eks van haar.

Dis óf hy óf iemand anders, want jy weet mos nou klaar dis nie met haar vriendinne wat sy so cyber­ginnegaap nie.

As daar iets te redde aan hierdie huwelik is, sal jy jou voet moet dwars neersit en haar mooi moet laat verstaan dinge kan nie só aangaan nie. Moenie praat en haar vra om haar dinge te laat staan nie – gee haar ’n ultimatum. As dinge op dié trant voortploeter, hoef jy nie hierdie one-man show van ’n huwelik verder te entertain nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters