6 dae gelede
Ek moet elke dag spulse skoonma spyker vir rent
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my kinders se ma is al sewe jaar saam.

Ek is baie lief vir haar en ons twee dogters.

Maar wanneer my meisie bedags by die werk is, moet ek my skoonma spyker omdat ek nie rent betaal nie.

Dit gaan elke dag so. Ek is saans so moeg dat ek nie eens my meisie kan spyker nie, want my skoonma wil dit sommer vir vier tot ses ure lank hê.

Gee my raad, asseblief. Tollie van B, WhatsApp

Tollie, as dié storie van jou waar is, lyk dit asof jy een van die dae nie meer ’n tollie gaan het nie.

As jy met seks moet betaal vir huur, is dit seksuele uitbuiting. Maar Antie sukkel swaar om jou rent-a-tollie-storie te glo. Antie vermoed eerder jy het jouself ingelaat vir ’n ding en nou kan jy nie byhou nie.

En waar is die kinders as jy dan so “rent” aan jou skoonma betaal? (Iemand wat nie eintlik jou skoonma is nie, want jy en haar dogter is mos nie getroud nie.)

Die kinders sou mos al vir hul ma vertel het as hul pa en ouma elke dag so agter geslote deure verkeer. Met die skoolvakansie en lockdown is hulle tuis, so moenie­ vir my sê hulle het nog nie die snaaksighede opgemerk nie.

As jou storie wel waar is, keer niks jou om uit te trek nie. As hierdie ouma ál jou woema vat, beter jy onder haar dak wegwroem.

Dis buitendien nie mooi dat jy jou kinders se ma met haar eie ma verneuk nie.

Dis nou as jou pie in the sky-storie waar is, natuurlik.

Liewe Antie Mona

EK HET my jongste sussie (35) as gevolg van dwelmmisbruik verloor.

Sy laat drie kinders agter, van wie die jongste sewe is. Sy geboorte is nooit aangemeld nie en hy het nie ’n geboortesertifikaat nie.

Die oudste is 21 en kan volgens hom vir homself sorg. Ek het die twee jongstes by my ingeneem.

Ek doen tans aansoek vir welsyntoelae vir die jongste twee.

Dit gaan maar moeilik om vir hulle ook te sorg, maar ons gaan die jaar met ’n glimlag in en glo dat, ten spyte van corona, hierdie ’n goeie jaar vir ons sal wees. – JA van S, WhatsApp

Jy is ’n engel duisend. Moet vir geen oomblik iets anders glo nie.

Wat jy vir jou suster se kinders probeer doen, ten spyte van jou eie challenging omstandighede, sal nie ongesiens verbygaan nie.

Hou moed en druk deur. Voordat jy jou oë uitvee, sal jou situasie ver­beter.

Antie plaas jou mooi briefie in die hoop dat daar ’n barmhartige leser daar buite is wat dalk ’n bydrae wil maak om dinge vir jou ietwat makliker te maak.

Alle sterkte!

Liewe Antie Mona

MY MAN is nou so drie jaar dood.

In Novembermaand het ek met ’n man op WhatsApp begin chat.

Ons het oor alledaagse dingetjies gechat, maar toe begin hy ernstig vlerksleep by my.

My kinders is al groot en bly op hul eie. Hy sê hy is geskei, met geen verantwoordelikhede nie.

Ons sou mekaar nou al ’n hele paar keer ontmoet het, maar dinge vorder net nie so ver nie.

Iets bly voorval en ek moet eerlik wees: My geduld loop al uit.

Daar is ’n ander man in ons kerk wat ook geselsies aanknoop en ek wonder of ek hom nie maar ’n kans moet gee nie.

Die probleem is dat hierdie man baie lief is om met alle enkellopende vroue te gesels, so ek weet nie hoe ernstig hy is nie.

Ek is nie eensaam nie, maar op 55 voel ek nog jonk en wil graag net iemand in my lewe hê. Reg vir Liefde, WhatsApp

Kyk maar eers die kat goed uit die boom.

’n Jakkals kan maar hóé oud of hóé geskei wees, hy bly ’n jakkals.

Jy is ver van oud en daar behoort talle kanse op geluk te wees. In vandag se tyd moet jy die manne egter van hoek tot kant uitkyk.

Moenie dat iemand jou sien as ’n dak oor hul kop of ’n lekker cosy leefstyl nie.

Geduld is ook belangrik, want dis nie nodig om jou in ’n verhouding te rush nie.

Die goeie dinge in die lewe gebeur op die regte tyd.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters