Verlede maand
Ek likes dit nie as vroue ons oor dáái size uitlag
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIT in die bus en moet luister na ’n lagwekkende gesprek van groot vroue wat mans uitlag oor die size van hul penis.

Skielik kom dit by my op dat ons as mans nooit so in detail vroue se vagina bespreek nie.

Ons moet altyd hoor dat ons penis so klein is. Tog vergeet hierdie vroue hul vagina is ’n geboortekanaal.

Vroue, dink twee keer voordat julle teen ons diskrimineer oor “down there”, want die meeste van julle is in elk geval nie meer tight nie. – PE-inwoner, WhatsApp

Antie dink darem nie hierdie vroumense vir wie jy jou so vererg het, was nasty nie.

Dit klink na ’n “ligte” gesprek hierdie wat hulle gehad het om die rit korter te maak.

Maar toe weeg hul woorde swaar op jou ego. Hulle sê as die skoen pas, trek hom aan.

Moet maar nie ander se onder­lywe ook onder discussion bring nie. Groot en klein is maar twee woorde in die woordeboek.

Daar is baie van die kleinerige mans wat hul vrou steeds baie hêppie in die bed kan hou.

Size is anyway net in die mind. As jy ’n bietjie tyd in die natuur deurbring, sal jy sien dis hoeka die klein voëltjies wat die mooiste nessies bou.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters