Verlede maand
Ek kry nagmerries oor my man se twee affairs
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN het hele ruk gelede ’n verhouding met ’n meisie gehad.

Ek het daarvan uitgevind en hom toe confront.

Hy het admit dat hy en hierdie meisie ’n verhouding aangehad het en ons het toe aangegaan met ons lewens.

Maar toe gebeur dit weer. Ek het uitgevind hy het weer ’n verhouding met iemand, maar is nie seker of dit dieselfde meisie is nie.

Daar is nou ’n kind involved.

Antie, ek het hom hieroor uitgevra en hy het erken dat dit so is, maar hy wil nie daaroor praat nie.

Dit is nou al ses jaar later, maar ek kan dit nie vergeet nie.

Ek kry nagmerries daaroor en ek bly hom daaroor uitvra.

Hy sê net hy gaan my eendag vertel.

Die ding is – ek weet nie eens wie die meisie is nie.

Ons huwelik is nie meer dieselfde nie.

Ons bly skel en daar is nie meer trust nie. –Hartseer Vrou, Whats­App

Vrou, daar kan nie net van jou verwag word om aan te kap met jou lewe asof daar niks skort nie.

Jou man het ’n kind in jul huwelik gemaak. Dit is iets wat jy nie net kan ignoreer of maak asof dit nooit gebeur het nie.

Jy het die volste reg om te weet presies wat gebeur het, wie hierdie vrou is en wie hierdie kind is wat hy by haar het.

Hierdie ding pla jou so dat jy nou al skoon in jou slaap daarmee geteister word.

Hy sal moet uitkom met die hele sak jol-patats.

Antie wil nie onnodige vure stook nie, maar wie sê hy sien nie hierdie vrou nog altyd agter jou rug nie?

Dit is dalk selfs nog iemand wat jy ken en die minste van verwag het om by jou man betrokke te raak.

Gesels met jou man oor jou feelings en laat hom weet jy kan nie vrede in jou hart kry totdat jy die hele storie ken nie.

Hy kan ook maar nou ophou met sy “eendag”-gesangetjie en oop kaarte met jou begin speel.

Jy het besluit om voort te gaan met hierdie huwelik en julle kan slegs die trust issues in jul huwelik aanpak as jy presies weet met watse goed jy te doen het.

Dring aan op die waarheid. Die volle waarheid!

Liewe Antie Mona

MEER as ’n jaar gelede het my vrou aan my gesê daar is iemand anders in wie sy belangstel.

Ons was oor die jare nog altyd eerlik met mekaar.

Antie, ek het op daardie tydstip nie gewerk nie en hoewel die nuus my seergemaak het, het ek besluit om haar haar geluk te gun.

Sy wou nie skei nie, net die kans hê om hierdie ou te sien met wie sy gewerk het.

Hy is ook getroud en het toe begin om baie hier by ons huis te kom. Hy sou nooit inkom nie, net buite vir haar wag.

Vir die kinders het ek maar gelieg en gesê dis ’n kollega saam met wie hul ma ekstra werk moet doen.

So het dit vir ’n hele paar maande aangegaan.

My vrou het nie eens meer intiem met my verkeer nie. Ons het wel ’n bed gedeel ter wille van die kinders, maar ons het soos broer en suster langs mekaar gelê en slaap.

Elke dag het dit gevoel asof ek bietjie vir bietjie doodbloei binne my.

In November verlede jaar het ek ’n werk gekry en nie lank daarna nie iemand daar ontmoet.

Sy is ook getroud, maar sy word deur haar man abuse.

Ons het lekker close geraak en gevoelens vir mekaar ontwikkel.

Soos ek sê, ek en my vrou het nie geheime nie en ek het haar van die ander vrou vertel.

Nou, elke liewe dag, maak sy asof ek die vark in die verhaal is.

Selfs die kinders word vertel van hoe sleg hul pa is, maar ek moes vir maande tevrede wees met haar slegtheid.

Dinge raak nou onuithoudbaar in die huis. Wat staan my te doen? – G van H, WhatsApp

Dinge was fine toe jy nie met haar slegtheid kon kompeteer nie.

Nee wat, sleg en sleg werk nie in ’n huwelik nie. Jy kan nou sien hoe nadelig jy en jou vrou se dinge die kinders beïnvloed.

Sal dit nie maar beter wees vir julle en die kids as julle dit ’n day call en jul paadjies skei nie?

Dan kan elkeen mos maar maak wat hy of sy wil.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters