Verlede maand
Ek kan nie slaap en is in trane oor ’n ouer vrou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS K van MC en het feelings vir ’n vrou wat baie ouer as ek is.

Die ding is – sy is my dietician en trou een van die dae. Sy is ook ’n ma.

Sy is 31 en ek is 17 jaar oud. Ek kan die feelings wat ek vir haar het, nie explain nie. Elke keer as ek haar sien, voel dit of ek in die hemel is.

Ek kan saans nie slaap nie, want ek lê en huil oor haar.

Antie, ek is baie lief vir hierdie vrou. Wat kan ek doen? – K van MC, WhatsApp

Wanneer ’n mens jonk is, gaan jy maar deur hierdie natuurlike fases in die lewe.

Dis óf ’n onnie óf ’n bekende akteur, aktrise of ’n ander bekende personality wat jou bene soos jellie sonder die custard laat voel.

Hierdie is egter crushes wat met tyd verdwyn, soos wat dit moet en soos wat jy meer mature raak en iemand in die “werklike” lewe ontmoet wat jou knieë lam maak.

Wat jou natuurlik ook tot haar aangetrokke laat voel, is hoe vriendelik sy met jou is en uit haar pad uit gaan om jou te help.

Hierdie is egter haar werk. Sy laat ál haar pasiënte so special voel. So, moenie iets meer as dit tussen die lyne lees nie, want daar is net ’n lyn van professionaliteit van haar kant af.

Hierdie vrou staan op trou, gee jou nie enige signals nie en sien jou as net ’n pasiënt van haar.

Dinge gaan verskriklik awkward wees as jy iets oor jou feelings sou uitblaker.

Soveel so dat sy jou in alle waarskynlikheid na ’n kollega van haar sal verwys.

Eendag gaan jy anyway lag oor hierdie crush en die emotional roller coaster wat jy jouself deurgesit het.

Vir nou sal dit help as jy die situasie net kan sien vir dit wat dit is – ’n crush wat niks anders as ’n crush sal wees nie.

Liewe Antie Mona

EK IS E van B, 33 jaar oud en my man is 36 jaar oud.

Ons het een kind saam, maar my man drink baie.

As hy by die huis kom, skel hy my en die kind uit.

Ek het uitgevind dat hy op my cheat. Hy vra aanhoudend verskoning, maar doen dit dan net weer.

Ek weet nie of hierdie verhouding gaan werk nie. – E van B, WhatsApp

As hierdie net ’n verhouding is, dan is hy mos nie jou man soos wat jy in jou brief sê nie.

En as julle nie getroud is nie, behoort dit soveel makliker te wees om hierdie hoer-jong te los.

Maar nes vele ander, hou die volgende gedagtes jou natuurlik steeds by hom: Hy is my kind se pa; ek wil nie hê my kind moet sonder ’n pa grootword nie; ek is lief vir hom; dalk vra hy vir rêrig hierdie keer om verskoning; ek het al te veel tyd in hierdie verhouding invest om dit nou op te gee ...

Met al hierdie gedagtes wat jou force om te bly, vergeet jy van ’n baie belangrike persoon – jy.

Jy sacrifice jou eie happiness vir iemand wat dit nie deserve nie.

Elke keer loop jy na dieselfde boom en gaan pluk ’n lat vir jou eie stert deur time and again sy flou verskonings te aanvaar.

As jy lief is vir iemand en boonop nog ’n kind by daai persoon het, dan cheat jy nie op daai mens nie.

As jy logika vir ’n slag op jou brood smeer, sal jy besef dat hierdie man nie lief is vir jou nie.

Hy is lief om op jou te cheat, ja, maar lief vir jou is hy beslis nie.

Selfs nie eens daai kind wat julle saam het, weerhou hom daarvan om sleg te wees nie.

So, wat sê dit vir jou en talle meisies wat aanhou ronddobber in hierdie bootjies?

Jy kan maar kla en kla, moan en groan en unhappy wees tot kingdom come.

As jy nie iets aan jou situasie gaan doen nie, gaan niks verander nie.

Hierdie ou cheat op jou, want hy weet jy vergewe hom oor en oor. Moenie ’n fout maak nie, hy weet van jou vrese dat jy nie alleen ’n kind wil grootmaak nie.

Maar weet jy wat? Daar is baie vroue daar buite – sterk, onafhanklike vroue – wat nie net hul kind se pa wat ’n cheater is, uit hul lewens geskop het nie, maar aan­beweeg het en ware geluk gevind het. So, wat keer jou om dieselfde te doen?

Dis tyd dat jy besef jy verdien meer as ’n jong wat sy ballas met ál wat rok is, wil deel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters