Verlede maand
Ek is soos 'n hond by my werk weggejaag
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET as ’n skoonmaker vir ’n company in ’n winkelsentrum gewerk. Antie, ek het my werk verloor en is soos ’n hond weggejaag toe ek vir my kollegas vra of hulle weet dat ons baas positief getoets is vir Covid-19 en ons nie daarvan ingelig het nie.

Ek het ook in die proses die virus opgedoen. Wat staan my te doen?

Ek voel nou nog seergemaak omdat ek soos ’n hond weggejaag is. – JB, WhatsApp

Ten spyte van die virus wat so onder ons maai, is daar ongelukkig steeds werkgewers wat hulle nie daaraan steur nie.

Werkers moet dan nog aankap met werk en word in die donker gehou as daar ’n uitbreking van die virus onder personeel is.

Dit is teen die wet, want die gevolge daarvan is dat dit na die werkers se families kan uitkring en só die breë gemeenskap kan bereik.

Ons almal sien mos nou die derduisende mense wat al in die land weens die virus gesterf het.

Dit wil vir Antie voorkom asof jy gruwelik te na gekom is.

Jy sal so gou as moontlik die CCMA moet nader en vra dat daar na jou dismissal gekyk moet word.

Kontak hulle by complaints@ccma.org.za of bel hulle by 021 469 0111.

Hul kantore is in Darling-straat in die Kaap, maar dalk moet jy hulle eers ’n luitjie gee voordat jy daar uitsteek.

Ons weet mos nie hoe hulle tans werk met al die Covid-regulasies wat gevolg moet word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters