14 dae gelede
Ek is nie outgat, maar wil ook graag uitgaan
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 33 jaar oud en op ’n getroude man verlief.

My ou weet dit nie, maar die man wil nou sy vrou los om by my te wees.

Ons kom al 14 jaar aan. Ek en my ou is nou agt jaar saam.

Wat staan my te doen, Antie? – Desperate Meisie, WhatsApp

So, selfs toe jy en jou huidige ou deurmekaar raak, het jy nie jou dinge met hierdie getroude man laat staan nie?

Weet jy, Antie kry daai getroude vrou en jou boy­friend baie jammer. Hulle verdien regtig nie om mense soos julle in hul lewe te hê nie.

Het jy al jouself afgevra hoekom hierdie man nou ná 14 jaar eers sy vrou wil los?

En dít terwyl hy jou al so lank aan ’n lyntjie hou?

Is dit nie maar ’n ploy van hom hierdie om seker te maak jy beëindig nie dinge tussen julle nie?

Hoe dit ook al sy, dalk moet julle maar mekaar vat, want die Vader weet, die seer wat julle in ander se lewe veroorsaak, behoort nie geduld te word nie.

Soort soek soort en sleg hoort immers bly sleg... Of wat praat Antie nou?

Liewe Antie Mona

EK WEET nou nie of Antie my kan onthou nie, maar ek het ’n paar weke gelede vir Antie geskryf om te kla oor my ma wat my nie wil laat uitgaan nie.

Antie het voorgestel dat ek met my ma hieroor praat.

My probleem is dat ek nie weet hoe om vir my ma te sê dat ek met outjies wil uitgaan nie.

Ek is doodseker as ek dít vir haar gaan sê, gaan sy woedend wees.

Sy sal my uit woede klap of iets.

My ma en my pa is nie meer saam nie. My pa verstaan my darem.

Hy het gesê ek kan vir my ’n ou kry, maar ek moet net nie seks nie en dit moet ook nie my skoolwerk benadeel nie.

Antie, ek is heeltemal oukei daarmee, want ek stel nie belang in seks nie.

My pa sê ook hy vertrou my en weet dat ek die regte ding sal doen.

Antie, ek dink die probleem is dat almal deesdae net wil seks hê en swanger raak. Nou dink my ma ek gaan ook so wees.

Antie, daar is tog ouens wat nie net wil seks nie.

Ek word nou benadeel deur ander se seksery. Dis onregverdig teenoor my.

Het Antie miskien enige raad? – Moedelose Tiener, WhatsApp

Liefie, met jou pa wat jou wishes ondersteun, is die battle halfpad gewen.

Dis nou net jou ma wat oortuig moet word om jou ’n bietjie vryheid te gee.

As ouer is sy natuurlik besorg oor jou welstand en allerhande dinge wat jou toekomsplanne kan pootjie.

Maar die reality is dat jy nie met ander vergelyk kan word of verantwoordelik gehou kan word vir ander tieners se sondes nie.

Antie weet nie op watter goeie of slegte voet jou ouers met mekaar is nie, maar dalk sal dit nie ’n slegte idee wees as jou pa by is wanneer jy die issue met jou ma bespreek nie. Hy sal dan daar wees vir moral support en indien jou ma se kop uithaak.

Die lewe is iets wat almal van ons op ’n verantwoordelike wyse moet experience. Hopelik sien jou ma dit so. Alle sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters