Verlede maand
Ek is moeg van cheating skoonma se bedstories
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man bly tans by my skoonouers.

Ek en Skoonma kom lekker oor die weg. Ongelukkig het Skoonpa in die verlede gecheat.

Hy het toe sy dinge gelos en als was orrait. Skoonma het intussen ook ’n verhouding aangeknoop.

Ek weet daarvan, want ek het per ongeluk op boodskappe afgekom.

Die probleem is – sy praat baie met my oor Skoonpa se goed. Ek het al gesê ek wil niks hoor nie en dis nie my besigheid nie.

Ek het wel dit wat ek van haar weet, met my man gedeel. Hy het haar toe gekonfronteer en sy was ob­viously buite haarself.

Haar stukkie se vrou was nou die dag hier by die huis om haar te konfronteer en skoonpa te sien.

Skoonma het toe weer by my afgepak en die vrou as mal uitgemaak.

Sy vertel allerhande stories om haarself skoon te praat.

Ek weet dit het niks met my uit te waai nie, maar tog bly sy met my oor dié goed praat.

Ek probeer haar nou vermy oor ek weet sy lieg, maar dis moeilik, aangesien sy my heeltyd opsoek.

Hou ek maar my distance? Konfronteer ek haar op ’n baie skaflike manier?

Ek is moeg van die stories en gelieg. Tog deel sy die meeste goed met my sonder om te erken dat sy ’n verhouding het.

Ek weet Skoonpa het haar seergemaak, maar is dit dan nou ’n rede om ook so laag te daal?

Tot wanneer moet haar buite-egtelike verhouding dan nou aanhou voordat sy voel haar ou seer is eindelik oor? Moedelose Skoondogter

Dit moet beslis nie maklik wees om jou in die middel van Skoonma se jol-storm te bevind nie.

Dit is egter iets waaruit jy jou moet kry, want dit kan tension veroorsaak tussen jou en jou man.

Antie reken ook die beste manier is om jou skoonma op ’n beskaafde wyse te laat verstaan dat jy regtig nie wil weet wat sy in haar personal life aanvang nie.

As sy cheat, hoef sy dit regtig nie met jou te discuss nie.

Laat haar weet jy is getroud met haar seun (just in case sy dit nou nog nie besef nie) en dat dit nie reg is dat sy ma haar bedsake met jou bespreek nie.

Hopelik laat dit haar ophou om haar goed met jou te bespreek en dalk hou sy op om so rond te mors.

Sy is seergemaak deur haar man se dinge, maar almal van ons behoort nou al te weet dat two wrongs heel verkeerd bly.

’n Mens deal nie met seer deur verdere seer te saai nie.

Sy is egter ’n grootmens wat haar problems nie joune hoef te maak nie. Kom ons hoop sy pak nie meer so teenoor jou uit nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters