Verlede maand
Ek het twee jaar gesit oor huishulp se lang vingers
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS L en het vir jare op ’n boer se plaas gewerk.

Hy het toe vir my en A, die huishulp, saam hom gevat om op ’n landgoed te gaan bly.

Hier het A baie geld gesteel en my daarvan beskuldig. Ek was twee jaar in die gevangenis.

Onskuldig.

Haar huis is groot gebou van ál daardie gesteelde geld.

Antie, ek wil net hê sy moet skuld erken dat sy die geld geneem het. L, per e-pos

Ek kan my ongelukkig nie oor die meriete van die saak uitlaat nie. Wie skuldig of onskuldig was, is deur die hof bepaal.

Antie vermoed as jy gaan wag vir ’n erkenning van A se kant af, dan gaan jy lank wag.

Indien jy bewyse van haar optrede het, moet jy na die polisie gaan sodat hulle dit verder kan ondersoek. Indien nie, is dit ’n geval van jou woord teen hare – waar dit blyk jy anyway klaar gestraf is.

Dit lyk of dit maar ’n gewag gaan wees op karma.

As sy so skuldig is soos wat jy te kenne wil gee, gaan karma wel een of ander tyd aan haar deur kom klop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters