Verlede maand
Ek het MIV, maar wil nie met kondoom seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n oulike ou ontmoet nadat ons destyds ’n fling gehad het.

Ons speen nou. Ek en hy seks gereeld sonder ’n kondoom, maar die probleem is dat ek onlangs MIV-positief getoets is.

Hy is skoon. Ek en hy woon ook saam. My dokter het gesê ek hoef nie nou enige medikasie te gebruik nie.

Ek voel goed en my gewig is ook na wense. Ek weeg tans 78 kg. Wat is sy kanse om ook die disease te kry?

Hy glo nie daarin om seks te hê met ’n kondoom nie.

En my maandstonde is nou al amper twee maande weg. Is dit omdat ek 50 is? Ek toon geen simptome van menopouse nie.

Hy is 38 jaar oud en ons is van M. Ek sal Antie se raad baie waardeer. Bekommerd, SMS-lyn

Daar is baie mans daar buite wat “nie glo” in die gebruik van ’n kondoom nie.

Daar is ook baie siektes daar buite.

Nou, jy kan net imagine wie tel watter siektes op as die nodige voorbehoed nie getref word nie.

Daar is nie ’n manier hoe hierdie ou vir lank MIV-negatief gaan bly as julle nie die nodige protection gebruik nie.

As hy dan nie een wil gebruik nie, sal jy ’n kondoom moet gebruik om hom teen homself te beskerm.

En laat hy maar teen die karre skop soos wat hy wil, want hierdie is vir sy eie beswil.

Net omdat jy nie tans simptome toon nie, beteken dit nie dat die verandering in jou lewensiklus nie reeds begin het nie.

Reël vir jou ’n afspraak by ’n gynae sodat daar vasgestel kan word of daar iets skort.

Vrou, omdat jy ouer as hierdie mannetjie is, is dit belangrik dat jy asseblief ook namens hom moet dink.

Julle kan nie so met vuur speel en net glo dat julle nie sal verbrand nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters