19 dae gelede
Ek en ‘straight’ vriend het die daad gepleeg
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL graag my storie met u en die res van die wêreld deel.

Ek is ’n “bi-tipe” man, as ek dit so kan stel. Ek stel in mans ook belang en het in die verlede toe ek baie jonger was by sommige ouens probeer betrokke raak, maar nie lank met die saak aangegaan nie.

Ek was nog nie in daardie stadium seksueel aktief nie. Ek het geworstel met dit en probeer om oor dit te kom. Dit het toe op ’n tyd net stil geword.

Antie, ek het probeer fokus op die regte dinge en op ’n latere stadium in ’n huwelik getree waaruit ’n kind gebore is vir wie ek baie lief is.

Ek is ’n man wat my verantwoordelikheid nakom en alles sal insit om ’n sukses van alles te probeer maak.

Ná ’n paar jaar het die gevoelens weer opgeduik en ek het aandag daaraan geskenk.

Ek het op verskillende date sites gegaan en so ook mansmense ontmoet wat óf getroud óf in ’n verhouding is en ook kinders het.

Dit was in daardie stadium baie interessant om te kon sien hoeveel mansmense in dieselfde posisie sit as ek en dit was goed om te kon gesels oor sekere aspekte waarmee ons worstel.

Dit het net tot by vat en soen gegaan en niks verder nie – totdat ek ’n wonderlike straight vriend ontmoet het.

Hy is ook getroud en het een kind. Ons het as vriende oor en weer gekuier en so ’n glasie geniet totdat ek later met ander aandag na hom gekyk het. Ek het toe besluit om hom te vertel van my storie met die wete as hy anders gaan optree en die vriendskap wil beëindig, sal dit oukei wees met my.

Ek het hom een aand vertel terwyl ons gekuier het en hy was ’n bietjie verbaas, maar hy het oor die skok gekom en my nie verwerp nie.

In die meeste gevalle het ons by hom gekuier, want sy vrou werk skofte. Ons het ’n goeie, openlike kommunikasieverhouding gehad en een aand toe sê hy hy het oor my storie gedink en wil graag eksperimenteer.

Dis waar ek die geleentheid aangegryp het deur sy penis te vryf tot hy stokstyf was.

Ek maak toe sy broek los en begin hom suig. Hy het ’n baie groot penis. Ek kon sien hoe hy dit ten volle geniet totdat hy gekom het.

Daarna het hy dit elke keer verwag, want hy sê niemand het hom al so lekker gesuig nie. Een aand sê hy hy hou van dit tight en vra of ek al gespyker was, waarop ek “nee” geantwoord het.

Hy vra toe of hy die eer kan kry as ek gemaklik daarmee is. Dit het toe gebeur en so ook elke keer as die geleentheid daar was.

Ons het in ’n stadium daaroor gepraat en ons het probeer om ’n break te vat, waarna hy my elke keer gesoebat het dat hy nie langer kan wag nie. So het ons maar net voortgegaan.

Die probleem is ons het geheg geraak aan mekaar, maar sal nooit ten volle bymekaar wees nie, want ons het albei ons verantwoordelikhede.

Hy het verhuis na ’n ander provinsie as gevolg van werk en ek moes hom uit my hart laat gaan ter wille van sy toekoms en sy gesin, maar ek mis hom baie.

Hy wil aan die ander kant hê ons moet nog vriende bly, want as hy so Kaap toe kom vir werk, dan kan ons mekaar sien.

Die hele gebaar laat my tog met ’n skuldige gewete en dit is ’n stryd waarteen ek baie hard moet baklei.

Daar is baie mans in dieselfde skoene as ek. Baie is gou om te oordeel, maar niemand weet hoe die ander se skoene loop nie.

Hoe moet ek met hierdie situasie deal, Antie? – Soek Raad, E-pos

Wanneer dit by seksuele voorkeure kom, het baie ’n paar eiers te lê. Die realiteit is dat ons maar almal ons uitdagings het met die glaskastele waarin ons bly.

Wanneer dit by conflicting feelings kom oor met wie jy deurmekaar wil raak, raak dinge gou complicated, veral wanneer daar ander partye is wat deur jou aksies geraak word.

Jy praat nie veel van jou vrou en jou kind nie, maar is baie concerned oor die wellbeing van jou lover se gesin.

Mense gaan seerkry. Daar is geen twyfel hieroor nie. Solank as wat julle mekaar agteraf sien, gaan die geleentheid hom eendag voordoen waar die waarheid sal uitkom.

Gaan die trane wat julle dan in ander se lewens veroorsaak die moeite werd wees?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters