24 dae gelede
Ek en straight ou het in geheim ’n ding aan
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 23-jarige gay ou en het 10 jaar gelede verlief geraak op ’n klasmaat op skool.

Die feeling was mutual, hoewel hy nie gay is nie. Maar hy was into guys.

Ons het dit so privaat gehou, want hy was bang dat mense sal uitvind van hom. Die verhouding het aangegaan totdat ek in 2015 skool klaargemaak het.

Ons verhouding het aangegaan tot in 2019, toe ek uitvind dat hy ’n meisie het en dat sy swanger is van hom. Maar dit het hom nie gekeer nie.

Ons het later besluit om dit stop te sit, maar nou wil hierdie guy nie wegbly nie. Hy wil steeds met my wees, en ek met hom.

Maar sy girl verwag sy kind. Waar gaan ek in die prentjie pas as die baba daar is? S van K, WhatsApp

Antie neem aan dat hierdie sy tweede kind is, want die meisie wat in 2019 swanger was, kan God weet nie nóú nog verwag nie.

Waar pas jy in die prentjie? Liefie, die vraag wat jy jouself moet afvra, is of jy al ooit in hierdie ou se prentjie was.

Jy is sy geheimpie – die een van wie niemand weet nie.

Soos wat dit vir Antie klink, word jy nou al ’n dekade lank gebruik vir goed wat hy dalk nie by sy meisies kry nie.

Of hy jou wil uitlos of nie, dis tyd dat jy aanbeweeg. Dié ou sal eerder orals kind maak as om uit die kas te klim en vir die hele wêreld te wys hy’s nie skaam om in ’n verhouding met jou te wees nie.

Jy is besig om jou tyd te mors met hierdie ou.

Liewe Antie Mona

EK IS 30 jaar oud en het twee kinders.

Antie, ek het onlangs ’n 55-jarige man ontmoet wat my goed verstaan en ons kom lekker oor die weg.

Hy bederf my en die kinders tot in die afgrond toe en ek geniet dit om saam met hom te wees. Hy abuse my nie soos wat my kinders se pa my abuse het nie.

Ek het onlangs ’n message gekry van ’n nommer wat ek nie ken nie.

Die boodskap het gesê: “Ek hoor jy is involved met M. Wil jou net sê hy het al vyf vroue aan die dood afgestaan. Bly weg van hom as jy lief is vir jou kinders. Hy gebruik jou net om oor die dood van sy laaste vrou te kom.”

Die persoon het nie sy details gelos nie en ek wonder nou of ek maar die timer moet los.

Maar ek en my kinders het só geheg geraak aan hom.

Gee vir my raad, asseblief, Antie. – Bekommerd van E, WhatsApp

Moet jy nie maar eers die boodskap aan die “timer” wys en hoor wat hy te sê het nie?

Vir my klink dit na iemand met wie hy ook in ’n verhouding was. Iemand wat dalk nog ’n kans by hom soek.

Antie is seker dat as jy die message aan hom wys, hy presies sal weet wie dit gestuur het.

Sjoe, hierdie man blyk ’n time and again wewenaar te wees.

Jy het gewoond geraak aan die bederf, want ’n man het jou nog nooit so gespoil nie.

Maar as sy intentions nie pure is met jou nie, beter jy nóú uitvind, voordat die bederf een van die dae gaan opdroog.

Liewe Antie Mona

EK IS 19 jaar oud en my eks is 25.

Ons was vir vier jaar saam, maar is onlangs uit.

Hy verdink my dat ek iets aan het met vriende as ek vir familie gaan kuier. Ons het opgebreek oor dit. As ek vir familie gaan kuier, dan sê hy ek is sleg.

Hy het vir ’n lang tyd nie gewerk nie en ek het ál die pad vir hom gesorg, met sy familie en al.

Hy het in Oktober laas jaar begin werk en het ’n paar goed vir my gekoop. Noudat ons opgebreek het, soek hy sy goed terug.

Hy maak ook my naam sleg by skoolvriende van my en sê as ek hom nie wil hê nie, gaan niemand my kry nie. Hartseer Eks, Whats­App

Sorg dat jy die goed wat hy gekoop het, so gou moontlik aan hom terugbesorg.

Hierdie man is nie 25 jaar oud nie. Hy act soos ’n vyfjarige klonkie.

Hy is immature, kleinlik, cheap én agterdogtig – amper soos iemand wat hoeka agter die jol-deur staan en jou ook nou daar wil hê.

As hy jou verpes, kan jy hom van teistering laat aankla en selfs ’n interdik teen hom uithaal.

Jy’s nog jonk en daar’s beter mans wat jou ver beter as hierdie cheapskate sal behandel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters