Verlede maand
Ek en my vrou is net vir die eye-blind getroud
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

KAN ’n mens getroud wees, maar jou hart crave iemand anders?

Dinge is al vir ’n hele paar jaar nie lekker tussen my en my vrou nie.

Ons is basies net vir die eye-blind getroud, want ons lewe lankal nie meer soos man en vrou nie.

Dis net ter wille van die kinders dat ons nog saam is.

Ek het vir my vrou gesê ek soek my vryheid. Sy het toe gesê ons kan so maak as die kinders groot en uit die huis uit is.

Ek het ingestem, maar dis seker nog iets soos 10 jaar voordat die kinders eers uit die huis sal wees.

Intussen het ek ’n pragtige dametjie ontmoet. Sy is alles en soveel meer as wat my huidige vrou is.

Antie, sy is geskei en het twee klein kindertjies.

Sy kom deur baie, want haar man het haar abuse.

Ek is ’n heel ander mens wanneer ek saam met haar is.

Sy laat my lag, goed voel en dink nie twee keer om my ook te bederf nie.

Ons het nog nie tot die daad oorgegaan nie, want sy sê sy gaan nie met ’n getroude man slaap nie.

Dit is hoekom ek wil skei: Nie net vir die seks nie, maar omdat ek ’n lewe met hierdie vrou wil bou.

Is dit selfsugtig van my om in ’n liefdelose huwelik te bly?

Hierdie oulike vrou gaan nie vir altyd vir my wag nie.

My vrou maak asof sy in haar eie wêreld leef en klap toe as ek oor egskeidings praat.

Ek kan nie meer so ’n leuen leef nie. – Moedeloos, per e-pos

Die leuen wat mens somtyds leef, kan backfire – baie dikwels tot nadeel van die kinders.

Ons maak onsself wys ons gaan voort om huisie-huisie te speel ter wille van die kinders, maar vir wie word daar nou eintlik gelieg?

Die kinders is nie dom nie. Vandag se kinders weet maar alte goed wat rondom hulle aangaan.

Hulle het al lankal agtergekom dat Mammie en Daddy nie so lekker met mekaar is nie.

Moenie nog dat Mammie en Daddy nie eens meer ’n bed deel en selfs in verskillende slaap­kamers slaap nie.

So, imagine maar op die lang termyn die skade wat die kinders aangerig word en hoe dit hul persepsie van die huwelik kan ver­ander.

Kyk, dit lyk of die koeël dwarsdeur jul huwelik is.

Dis sad, but true.

Vir beter wors en tot die dood julle skei, is nie vir alle huwelike beskore nie.

Daar is geen skande daarin om te erken onversoenbare ver­skille maak dat dinge nie vir julle gaan werk nie.

Dalk wil jou vrou nie met die realiteit hiervan deal nie, maar een of ander tyd moet sy besef dat sy aan iets en iemand klou wat nie meer deel van haar huweliksprentjie wil wees nie.

Om jouself in ’n verhouding te wil begeef terwyl jy nog getroud is, is ook beslis nie die way to go nie.

Dus is dit tyd vir crunch time talks met jou vrou.

Dis tyd om ál jul kaarte op die tafel te gooi en met ’n stap vorendag te kom oor die pad vorentoe en hoe dit julle en veral die kinders gaan affekteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters