28 dae gelede
Ek en girl is in matriek met babatjie op pad
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my meisie is albei in matriek en sy is nou drie maande swanger.Ek is nie gereed om nou al pa te wees nie, want ek wil volgende jaar verder gaan studeer.

My meisie wil nou by haar mense uittrek en by ons kom bly.

Ek kan nie eens met my vriende chat nie, dan is sy op my case.

Ek weet nie wat om te maak nie. – R van H, WhatsApp

Nie net moet jy nou kliphard op jou eindeksamen konsentreer nie, jy moet jou ook vir die lewe van ouerskap voorberei.

Jy claim nou jy is nie gereed vir pa wees nie, maar jy was ook nes sy al te gewillig om die dinge van ’n grootmens te doen.

Dit gaan ’n helse uitdaging wees, maar jy kan steeds jou studies doen en jou responsibilities as pa nakom.

Moenie nou uit die water wil staan en ’n onskuldige bloedjie al pa-loos maak nog voordat hy of sy hul eerste skree gegee het nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters