Verlede maand
Ek dank die Man van Bo vir my eggenoot
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK LEES hoe baie vroue kla oor hul huwelik, maar ek is so bly dat die Here my ná ses jaar van eensaamheid gebless het met die lieflikste man.

Ek was nog nie getroud nie, maar het drie kinders saam met my lewensmaat van voorheen.

Dinge het nie uitgewerk tussen ons nie. Hy het begin drugs gebruik en my later begin slaan.

Ek het hom soveel kanse gegee en het altyd toe ek op skool was, gesê dat ek nie van Piet, Paul en Klaas wil kinders hê nie.

Ek het toe my saamleefmaat gelos en was vir jare enkel en het net geleef vir my kinders en werk.

Ek het skoons dubbel-shifts gewerk net om vir my kinders als te kon gee. Ek het my altyd verkyk aan die gelukkige paartjies en het soms by die werk hardop gesê ek wens die Here gee my ook ’n goeie man wat kans sal sien vir my en my drie kinders.

Totdat ek die lieflikste en hardwerkende man ontmoet het met wie ek nou al vyf jaar getroud is. Antie, hy dra my op sy hande.

Ek het nie geken van soengroet nie. As ek vir hom iets gedoen het, dan sê hy ook met ’n soentjie dankie.

Hy sê nou nog elke dag hy waardeer dit wat ek vir hom doen en hy waardeer en respekteer my en my kinders.

Antie, ek kan die Man van Bo nie genoeg dankie sê vir so ’n wonderlike man nie. Soos ons vows gesê het, ek sal hom liefhê tot die dood ons skei, want elke dag lyk dit ons word net al hoe liewer vir mekaar.

Ek skeep ook nie my kinders vir hom af nie.

Daar is net een probleem: Ons het nie kinders saam nie. Ons het mekaar in my laat- 30’s ontmoet en hoewel hy ’n kindjie by my wou hê, steur ons ons nie aan mense wat nou nog wil weet hoekom het ons nie kinders saam nie.

Ons is die gelukkigste paartjie ooit.SB van KE, WhatsApp

Nou kan jy sien: As ware geluk die dag aan jou deur kom klop, dan is daar geen brieke aan jou happiness nie.

Dit was so lekker om jou brief te lees, want dit behoort inspirasie vir almal van ons te wees.

Dit is vir Antie ’n bewys dat geluk op die regte tyd aan almal van ons se deur sal kom klop.

Hoewel die verlange na jul eie bondeltjie vreugde daar is, het julle darem drie kinders wat ek seker is bly is dat hierdie man in hul ma se lewe is.

Daar is natuurlik die opsie van fertility treatment, maar dié gedoente kan nogal ’n aardige bedraggie kos.

As julle egter happy is met hoe dinge tans staan, is dit jul besluit en ’n besluit waarby al die bekve rkopers hulle maar moet berus.

Mag julle nooit die kuns verleer om lief te bly vir mekaar nie.

Liewe Antie Mona

EK HET my respek verloor vir army-vroue wat met ons mans en boyfriends slaap.

Hulle is erger as prostitute. Hulle gee seks vir geld – veral as hulle weg van die huis af werk.

Ek weet dis nie almal van hulle wat dit doen nie, maar ongelukkig word hulle nou oor dieselfde hoer-kam geskeer weens die dade van hul ander vroulike kollegas.

Daar is selfs ’n naam wat vir hierdie vroue gebruik word: Armymatrasse. Dit is tyd dat hierdie vroue hulself begin respekteer en ons mans uitlos.

Daar is van ons mans wat ons afskeep en soms nie eens geld oor het om huis toe te stuur nie omdat hierdie vrou ge-entertain word. Bekommerd, WhatsApp

Vrou, jy weet natuurlik dit vat twee om die hoer-tango te doen?

Nie álle blaam kan net op hierdie vroue val nie. Die husbands en boyfriends is net so jags en skuldig.

Die “mark” is hierdie mans se spulsheid, want as dit nie die geval was nie, sou hierdie vroue hulle nie kon “verkoop” het vir geld en wat ook al ander gifts nie.

Dit vat ook ’n spesiale soort etter om weg van die huis af te werk en net aan sy eie voël te dink.

Dan kan hy nie eens ’n provider vir sy gesin wees nie! Hoe entertain jy jouself terwyl jy weet jou vrou en kinders kry honger by die huis?

Dis nie die vroue wat vasgevat moet word nie, maar jul mans.

Dis tyd dat sulke mans mooi moet leer verstaan dat dié stront nie langer geduld sal word nie. Jy kan nie eers wakker skrik word wanneer hy jou met ’n vleeslike siekte besmet het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters