11 dae gelede
Ek benodig iets vir my move om langer te hou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY DOGTER is 30 jaar oud en het ’n goeie werk.

Sy het twee kinders van ’n Kongolees. Hy sorg baie goed vir sy kinders.

Hy het aanbeweeg. My dogter drink nou baie en gaan sommer dronk werk toe. Sy is al by haar werk gewaarsku, maar wil nie hoor nie.

Ek verstaan sy het nou haar voorbehoeding uit haar arm laat haal en het omtrent by die kliniek geskel.

Sy wil daai man weer vang met ’n kind. Ek is 70 jaar oud en kan nie nog ’n kind van haar grootmaak nie. Hoe maak ek nou? Moede­lose Ma, WhatsApp

Dis baie beslis enige ma se grootste nagmerrie!

Drank is nie die oplossing vir jou dogter se troubles en teleurstellings nie – iets wat sy nie kan of wil verstaan nie.

Wat sy ook nie verstaan nie, is dat daar nie meer geld vir drank gaan wees as sy eventually haar job verloor nie. Nou nog die plan om weer haar kinders se pa te “vang” ook.

Op die oomblik speel jou dogter met haar werk, haar gesondheid en die welstand van haar kinders.

Maak haar sit as sy nugter is en stippel die paadjie uit wat vir haar voorlê as sy nie haar lewe in orde kry nie.

Laat haar weet jy is lief vir haar, besorgd oor haar en wil nie sien hoe sy alles weggooi en dít oor verlore liefde nie.

’n Mislukte verhouding is immers nie die einde van die wêreld nie.

Stel voor dat sy inskakel by ’n ondersteuningsgroep soos die AA in jul area om haar te help om haar lewe weer op koers te kry.

Die besluit om ’n verandering te maak, moet van haar af kom, anders kan jy maar praat tot jy blou in die gesig is.

Antie hoop, vertrou, glo en hou duim vas dat jy tot haar sal deurdring, want om op jou oudag nog met sulke worries opgeskeep te sit, is nie fair teenoor jou en haar kinders nie.

Liewe Antie Mona

EK IS 16 en ek is gay.

Ek is vreeslik op soek na ’n boyfriend, maar ek kry nie een nie.

Ek voel baie alleen, Antie. – Eensaam, WhatsApp

Liefie, jy is nog op daai ouderdom van jonk en carefree wees.

Daai ouderdom van lekker lam met die vriende, soos wat jul jong mense dit mos noem.

Liefde en verhoudings het hul eie tyd. As jy gaan soek en dinge gaan forseer, gaan jy kennis maak met die scrap van die lewe wat net daarop uit is om jou hunkering na iemand special uit te buit.

Moenie enige pressure op jouself sit nie. Die regte dinge gebeur op die regte tyd.

Liewe Antie Mona

EK KAN nie meer my vrou satisfy nie.

Ná nege jaar van getroude lewe gee ek op, want ek kan haar nie meer in die oë kyk ná seks nie.

Antie, ek het al verskeie produkte probeer, maar niks help nie.

Dis nog nie eens lank nie, dan is ek al poegaai.

Dan lê my vrou kwaad vir my. Dit sal my nie verbaas as sy een van die dae iemand anders soek om haar te satisfy nie.

Ek dink ’n penis enlargement-operasie is my enigste uitweg.

Word sulke operasies hier in die Kaap gedoen? Ek het altyd net in die treine daardie advertensie van sangomas gesien en weet daai is sommer ’n liegspul. Het Antie raad vir my? – Mr D, WhatsApp

Ons moet werk met dit waarmee die liewe Heer ons geseën het.

Dit is óf dit óf ’n helse klomp geld uitgee op prosedures wat nie noodwendig die job sal kan doen nie.

Met ’n vinnige search het Antie ontdek dat so ’n enlargement-prosedure tot R15 000 per 10 ml hyaluronic acid-goeters kos wat hulle doer onder inject.

Dit beloof om jou onderste gawe glo te laat lyk asof hy gym, maar daar is geen duidelikheid van hoeveel millimeters van die acid-goeters hulle jou sal moet inspuit nie. Dit hou glo ook net vir 18 maande.

Dus kan jy sien derduisende rande se injections se warranty gaan eventually verval.

Gaan besoek jou GP om seker te maak daar is nie dalk onderliggende kwale wat jou performance teenwerk nie.

Daar is ook natuurlik ander maniere om vroulief eerste tevrede te stel voor jy jou mission aanpak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters