8 dae gelede
‘Einstein’ se vrou gil in bed sy soek ander ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my kêrel date nou al ’n jaar en vyf maande.

Voor dit het ons mekaar twee jaar geken. Ek woon by hom.

Ek is lief vir hom, maar aan die begin van ons verhouding het ek altyd op sy phone messages en body pics van ander girls gekry.

Hy het dit altyd deny wanneer ek hom confront het en gesê dis ’n vriendin. Totdat ek die girl self begin text het.

Voordat ek hom begin date het, was ’n ander fling van my in my dorp.

Ek ken hom nou al drie jaar en daar is net ’n connection tussen ons, Antie.

Ek dink 24/7 aan hom. Ek weet dit is verkeerd, maar ek kan nie wil besluit wat my hart voel nie.

Dit is tough om op dieselfde tyd op twee mense verlief te wees.

Ek huil baie dae, Antie, want ek weet nie wat om te maak nie.

Die ander ou het belowe as daar nog ’n kans vir ons twee is, sal hy ’n ring aan my vinger sit.

Ek haat dit om mense seer te maak en ek is so bang dat my boyfriend weer daai dinge gaan doen.

My hart lê by die ander ou, want die tye toe my boy­friend dit gedoen het, het ek die ander ou altyd als vertel.

Hy is altyd daar wanneer ek raad soek. Hy het ook iemand in sy lewe, maar ek gee hom ook raad.

Ons twee kan maar net nie van mekaar vergeet nie.

Dis vir ons so moeilik. Ek wil nie my ou seermaak nie. Wat moet ek doen? Deurmekaar Meisie, Whats­App

Liefie, jy het besluit om jou boy­friend te vergewe en bygones bygones te laat wees.

Dit is egter net menslik om maar altyd te wonder of hy weer een van sy streke sal try.

Tog is daar ook altyd die moontlikheid dat hy sy les geleer het en dit nie weer gaan doen nie.

Die connection wat jy met die ander ou het, kan egter in jou verhouding probleme skep. Julle confide oor jul liefdesprobleme in mekaar. Julle gee mekaar raad en het emotionally attached geraak aan mekaar.

Tog eindig julle nie by mekaar op nie. Hoekom nie?

Nie een van julle is getroud nie. Niks keer julle om jul verhoudings te beëindig en mekaar te vat nie.

Hy praat van ’n ring aan jou vinger sit, maar hy lê saans langs ’n ander meisie.

Jy moet dus jouself afvra of hierdie ou nie ook maar met jou speel nie.

Jy sal moet besluit wie jy in jou lewe wil hê. Dis óf die huidige berk óf die ander een.

Dit is ook nie fair teenoor jou outjie dat jy en ’n ander ou so ’n intieme verstandhouding het nie.

Jy sê jy wil hom nie seermaak nie, maar dit is presies wat gaan gebeur die dag wanneer jou dinge op die lappe kom.

As jy en jou ou by mekaar wil wees, moet julle albei commit en al jul aandag aan mekaar wy.

Liewe Antie Mona

EK BLY oorkant ’n paartjie wat deur die week heel orrait is.

Maar naweke paartie en suip daai mense dat niemand dit kan hou nie.

Anyway, nou die laaste Saterdag ná 02:00 hoor ek ’n skellery buite.

Ek is mos bis en loer toe deur die venster. Wat ek kon aflei, is dat die twee seks gehad het, maar dat die vrou toe tydens die besigheid vir die man gesê het sy wil met iemand anders seks hê.

Die man was nie baie happy hieroor nie en dis hoekom hulle gestry het.

Die vrou wou toe sommer die man met ’n baksteen slaan. Die kind moes die baksteen uit haar hand vat.

Toe die man loop, skree die vrou agterna: “Einstein, kom huis toe.” Buurvrou, WhatsApp

Hoe lekker lag Antie nou, want dit klink dan of Einstein toe glad nie lankal dood is nie en al die tyd jou buurman is.

Ja, vrou, sonde met die bure, nè? Ons almal het maar hierdie stories te vertel oor die doen en late en manewales van die bure.

Soms maak hulle ’n mens briesend kwaad. Ander tye kan jy nie anders as om jou te breek vir die goed wat die mense om jou kwytraak en doen nie.

En baiekeer wanneer hulle nugter is, kan hulle nie tot 10 tel en die ander bure in die oë kyk nie.

Met die huidige ban op drankverkope is dinge in jou straat seker rustiger. Totdat die voggies weer begin te vloei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters