Verlede maand
Eendag dawn dit net op my: Ek’s oor my motjie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

WAT maak ’n mens as jy getroud is en jy kom agter jy’t geen gevoelens meer vir die vrou nie? – Keelvol Man, WhatsApp

Dis one-liner-briewe soos hierdie wat Antie mos altyd remind om te kyk of Takealot nie dalk kristal-balle te koop het nie. ’n Mens skrik nie net eendag wakker en besef jy is nie meer lief vir die persoon met wie jy in ’n verhouding is nie.

Dis gewoonlik iets wat oor ’n tydperk opbou tot daai slotsom en weens issues wat al ’n geruime tyd aan jou knaag.

Feelings-goeters is ook nie iets wat jy kan aan- en afswitch nie, so Antie dink nie gevoelens kan net soos mis voor die son verdwyn het nie.

Niemand kan van jou verwag om in ’n liefdelose verhouding te bly nie, maar as jy na die groter prentjie kyk, sal jy sien dit gaan oor veel meer as jou feelings wat voete gekry het.

As dinge in jou huwelik pla, bespreek dit met jou vrou. Dit baat nie jy loop bollewange in die huis rond en sy weet nie eens waaroor garrit nie. Bespreek dit met jou vrou. Dit sal jou duidelikheid gee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters