Verlede maand
Droomman gesels alte graag met ‘vriendinne’
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 32-jarige meisie met twee kinders.

Drie jaar gelede het ek iemand ontmoet wat my hele lewe verander het.

Antie, behalwe vir my ouers, wat ek albei aan die dood afgestaan het, was daar nou nóg iemand met wie ek oor alles so openlik kan wees. Hy is iemand met wie ek alles kan deel, whether dit nou ’n goeie of slegte dag is.

So ’n bietjie meer as ’n jaar gelede het ons saam ingetrek. Dit voel elke dag of ek van nuuts af op die man verlief raak.

Ja, ons het ons bad days, maar dan praat ons daaroor.

Tog is daar iets wat my pla. Toe ons pas saam ingetrek het, het sy phone ’n password opgehad.

Omdat ek nie die jaloerse tipe is nie, het dit my nie daai tyd gepla nie.

Tot recently. Hy het dit begin weerhou van my en begin maak asof sy phone ’n groot geheim is.

Die tye dat hy my wel sy phone gegee het, het ek gesien daar is gesprekke met ander vroumense op. Toe ek hom daaroor uitgevra het, het hy gesê dit is vriende.

Toe hy my weer later toegang tot sy phone gee, het ek gesien die chats is gedelete. Ek weet nie wat om daarvan te maak nie.

As daar iets is ... Ek het nie tyd vir drama in my lewe nie.

Het Antie enige raad vir my? – Bekommerd, WhatsApp

Daar is verskillende redes hoekom mense ’n password op hul selfoon het.

Baie mense wat Antie ken, het dit op as ’n veiligheidsmaatreël om toegang tot byvoorbeeld hul banking apps te beskerm.

Maar dan kry jy gevalle waar hierdie passwords op die phone met groot geheimsinnigheid gepaard gaan.

As dit vriendinne is dié, soos wat jou outjie beweer, het hy hulle al ooit aan jou voorgestel?

Antie mean nou maar, julle is ’n item en bly saam, so obviously behoort julle vertroud te wees met mekaar se vriendekring.

Kyk, dit maak nie saak hoeveel jy gaan vra nie, hy gaan aanhou deny en boodskappe delete.

So ek stel voor dat jy ’n paar van hierdie vriendinne ontmoet en kyk waar hou hy uit.

Weens die lockdown sal dit ’n bietjie moeilik wees om ’n geselligheid te organise waar jy hierdie vriendinne kan ontmoet, maar sy reaksie sal vir jou ’n aanduiding wees van wat regtig aangaan.

As hy teen die karre skop en traag is om jou aan hulle voor te stel, dan weet jy ’n slang loer in die bos.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters