20 dae gelede
Dronkgat outjie breek keer op keer my hart
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van T en ek en my outjie gaan al 10 jaar lank uit.

Ons is al van skooldae af saam en het twee kinders saam.

Ek weet nie meer wat om te maak nie. In 2008 het hy my verneuk met twee vroue wat albei ’n klomp kinders het.

Dit was gedurende Desembermaand.

Hy drink ook verskriklik baie en sy tjommies kom altyd eerste.

Daar begin nou weer stories van hom rondloop en ek is nie seker of dit die waarheid is nie.

Wat as dit waar is? Hy het dit al vantevore aan my gedoen.

My hart is gebroke en ek weet nie wat om te doen nie.

Ek oorweeg dit nou om hom uit te sit, want praat en skel werk nie by hom nie.

Het Antie dalk raad vir my? – J van T, Whatsapp

Dit lyk vir Antie daar is ’n Desember-hoer­gees in jou kinders se pa wat al oor ’n klompie jare kop uitsteek.

Om hom met die rumours te confront, gaan nie veel help nie, want hy gaan jou net afstry.

G’n joller gaan mos sy dinge erken totdat hulle met bewyse gekonfronteer word nie.

Antie is seker hierdie rumours het baie ou wonde weer kom oopkrap en jy sien nie kans om weer deur daardie seer en vernedering te gaan nie.

Wie kan jou ook blame?

Die mense sê gewoonlik waar daar ’n rokie is, is daar ’n roker in die omtes.

Kry jou feite mooi agtermekaar en vat hom dan vas.

Wat ook al gebeur, jy is ál een wat kan besluit of jy hom nog veel langer in jou lewe soek.

Onthou, as jy hierdie Desember-joller weer gaan vergewe, gaan jy die een wees wat aanmekaar sy Desember-dinge moet opvreet.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters