9 dae gelede
Dronkgat-ou wil nie sy kind se mamma aflos
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my kind se pa is in ’n aan-en-af-verhouding. Die rede hiervoor is dat hy nie die ma van sy ander kind kan uitlos nie.

Hy sê nou vir my hy is klaar met haar, maar dit is nie lank nie dan hoor ek weer stories.

Ek is baie lief vir hom. Hy het my onlangs vir nog ’n kans gevra en ek het “ja” gesê.

Dink Antie hy verdien nog ’n kans? En gaan hy sy eerste kind se ma uitlos?

Ek wil ook hê hy moet ophou drink, want hy drink te veel. – LA van die Elsies, WhatsApp

Liefie, om daardie vraag te kan beantwoord, het ’n mens ’n kristalbal nodig.

Wat egter duidelik is, is dat jou kind se pa sy brood aan albei kante gebotter verkies.

Hy spring van die een kind se ma na die ander. En hy kom daarmee weg omdat hy weet dat albei van julle lief is vir hom.

Dié man weet ook dat net ’n paar sagte woordjies weer sy deur oopmaak by jou.

Dus is die vraag: Hoe lank gaan jy verleë bly vir ’n man wat jou nie waardeer nie?

Ek kan jou nou al sê die enigste rede hoekom hy maybe die drank gaan los, is omdat level 3 dit weer vir ’n paar weke moontlik gaan maak.

Andersins kan jy maar droom oor iets wat hy nie homself aan wil verbind nie.

Jy is een van countless meisies in hierdie situasie. Onthou jou power. Jy het die mag om te sê jy sien nie meer langer kans vir hierdie stront nie.

Dit is in jou power om jou nie langer vir ’n pop te laat vat nie.

Genade, 2020 het ons almal vir ’n pop gevat. Jy kan nie nog toelaat dat ’n man dit ook aan jou doen nie.

As die pa van jou kind behoort hy toegang tot jul kind te hê, maar jy hoef nie meer sy gasverskynings in jou lewe te entertain nie.

Hoe gouer jy hom laat verstaan dat sy nonsens nie meer aanklank by jou vind nie, hoe gouer sal jy ook uitvind of hy ernstig daaroor is om sy dinge te laat staan.

Jy vat hom elke keer terug en vergewe elke liewe bietjie stront van hom.

So, kan jy hom blameer as hy met jou mors? Hy weet dan dat jy verleë is oor hom. Moenie vir Antie sê hierdie man is ál man met ’n voël in die wêreld nie.

Die goeie mans wat wel daar buite is, wat jou met kind en ál sal aanvaar en op die hande sal dra, kan jy nie raaksien nie, want jy glo dis in die sterre geskryf dat jy jou lewe moet spend met ’n jong wat jou nie verdien nie.

So, vir so lank as wat jy nie jou self-worth recognise nie, gaan jy soos ’n verleë eendjie hardloop agter ’n jong wat jou niks in die lewe behalwe ’n rondloper-penis kan bied nie.

Liewe Antie Mona

MY VRIENDIN het ’n kind van ’n man wat in ’n ander plek bly.

Hy het heeltyd vir die kind betaal, maar van Oktober af betaal hy glad nie meer nie.

Hy sê hy gaan nie betaal nie, want hy sien nie die kind nie. Hy het die kind nog net een keer gesien en die kind is al 18 maande oud.

My vriendin se ma wil nie hê hy moet die kind sien nie.

Sy weet nou nie wat om te maak nie. Het Antie raad vir haar? – Bekommerde Vriendin, WhatsApp

Die ouma moet haar inhou. Sy het nie met daardie ou gelê nie.

As pa het hy die reg om sy kind te sien. Net so is dit sy wetlike plig om sy kind te onderhou.

Laat jou vriendin maar na haar naaste kinderhof gaan en die maintenance-proses aan die gang sit.

Laat die hof dan besluit hoeveel geld hy maandeliks moet opdok, en hoe gereeld hy sy kind mag sien. ’n Kind moet sy ouers ken.

Dié ouma wil problems skep wat lank ná haar dood steeds sal bestaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters