Verlede maand
Dronk man is lelik met vrou en kinders
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY NAAM is L, ek is 23 jaar oud en my man, S, is 31 jaar oud.Antie, ons het twee kinders saam, maar my man drink baie. As hy so dronk huis toe kom, is hy lelik met ons.

Dan vloek en skel hy en sê allerhande goed aan die kinders. Wat moet ek maak? – L, WhatsApp

Vrou, nou waar kry jou man dan in hierdie tye van lockdown drank te koop?

Natuurlik ook ten duurste en geld waarmee hy sy gesin kon onderhou, word nou gebruik om hom guts te gee om te perform.

Laat Antie raai: Hierdie man is die teenoorgestelde in gedrag en karakter as hy nie ’n druppel lawaaiwater in sy lyf het nie?

Heel waarskynlik een van daai mense wat net tot by nege kan tel as hy nugter is. Maar feit van die saak is – julle is nie daar om sy dronk grille en giere te entertain nie.

As hy nie sy drank vir homself kan drink nie, behoort hy dit eintlik te los. Dis dan duidelik dat hy nie sy dop kan vat nie.

Dis tyd dat jy jou voet dwars sit, hom corner as hy weer nugter is en hom mooi laat verstaan jy gaan sy gedrag nie meer duld nie.

Wanneer is hy anyway van plan om groot te word? Nee a, maak jou stem dik.

Dit is tyd dat hy in sy bek geruk word en besef julle is mense, nie leë drankbottels wat hom frustreer nie. Stel ook voor dat hy ’n AA-meeting in jul omgewing­ gaan bywoon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters