22 dae gelede
Dit lyk my vrou werk by die ‘moeg-fabriek’
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY VROU is al heeljaar vol moods.

As ek haar net ’n drukkie gee, kan ek voel hoe haar rug styf trek.

Smiddae wanneer ek uit die werk kom, dan is sy al lelik.

Saans gaan lê sy by die kleintjie omdat dié nie alleen wil slaap nie.

Vir ’n jaar slaap ek alleen. Sy kom vroegoggend inkruip voor haar wekker afgaan.

Ek weet nie meer wat om te maak nie. Dit voel vir my ek is met my suster getroud. – Moedelose Man, WhatsApp

Glo dit of nie, maar Antie kry baie sulke briewe.

Daar blyk baie vroue te wees wat by die moeg-fabriek werk. Energie vir alles, behalwe hul eie man.

Dan is dit baie van hierdie vroue wat verstom wil staan as die man praat van skei.

’n Man is nie rocket science nie. As Rex sy kos op tyd kry, sal hy nie onnodig blaf nie.

Jy moet die issue met jou vrou bespreek, maak nie saak hoe bollewange sy raak nie. As sy nou al soos jou suster begin voel, is daar problems op die horizon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters