2 maande gelede
Dit lyk my Meneer is nou klaar met sy race
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY SWAER weier dat ek my kids en aanstaande mag sien.

Hy is bekeer, maar weier ook dat ek by die kerk mag kom.

Sy vrou is ook jaloers op haar suster omdat haar man haar nie aandag gee nie.

Wat moet ek maak? Bekommerd, WhatsApp

As pa het jy die volste reg om toegang tot jou kinders te hê.

Weet nie van die swaer-gedeelte nie, want julle is mos nog nie getroud nie.

Dié is nie die eerste keer wat jy aan Antie skryf nie en soos voorheen, herhaal ek my raad (vir hopelik die laaste keer): Gaan sien ’n social worker en bring die situasie onder sy/haar aandag.

Indien jou aanstaande net so hardball speel oor jou toegang tot die kinders, het jy die opportunity om jou ook tot die kinderhof te wend.

Dit sal net interessant wees om van jou aanstaande skoonfamilie ook te hoor, want Antie kry die idee dat daar meer as net jaloesie agter dié storie sit.

Dit kan tog nie wees dat jou “skoonsuster” so naar met jou is net omdat sy, volgens jou, op soek is na aandag nie.

Liewe Antie Mona

EK HET per ongeluk een aand in my slaap my eks se naam genoem. Nou is my vrou op my case.

Nou moet ek hoor ek vat haar al lankal vir ’n pop en dat ek op haar cheat.

Dit nou van die vrou wat voor ons troue ’n fling met ’n kollega gehad het. Nie een keer het ek dít voor haar gesig gehou nie, maar omdat ek nou my eks se naam in my slaap genoem het, is ek die vark in die verhaal.

Ek worry nie eens van my eks nie, Antie.

Ons is op goeie voet uitmekaar en sy is ook gelukkig getroud. So lyk dit, want ons praat nie juis meer nie.

Ons het basies geen kontak nie, behalwe dat ons mekaar so nou en dan by die winkels sal raakloop.

Ek kan nie anders as om te wonder of daar dalk ’n ander rede is hoekom my vrou so perform nie.

Sy is in die laaste tyd baie moody en niks wat ek doen, is reg genoeg in haar oë nie.

Ons is maar nou vyf jaar getroud, maar as ek eerlik moet wees, begin ek meer en meer wonder of ek haar nie destyds maar in haar moer moes gestuur het toe sy my so verneuk het nie. – Gatvol Hubby, Whats­App

Nee, genade, jou vrou sal moet bykom – voordat jul huwelik op die rotse is.

Dit lyk of sy anyway vrou-alleen jul huweliksbootjie deur stormweer wil laat vaar met haar gedrag. Daar is ’n groot verskil tussen iemand se naam in jou slaap noem, en ’n ding met daai persoon aan te het.

Antie kan nie dink aan een mens op dié planeet wat beheer het oor wat hulle droom nie.

As daar sulke mense is, bly hulle seker in Marvelstraat naby die Stikland-hospitaal.

Dit is bitter onregverdig van haar om dit nou teen jou te wil hou.

Maar soos jy sê, kan daar natuurlik meer skuil agter haar gedrag.

Antie wil nie onnodige vure stook nie, maar mense wat gewoonlik agter die jol-deur staan, is die mense wat hul partners van sulke dade beskuldig.

Ek sê nie dis so in jou geval nie, maar dalk sal dit nie ’n slegte idee wees om ’n bietjie meer wake-up te begin raak oor haar doen en late nie.

Liewe Antie Mona

DIT lyk of my Meneer sy race gehardloop het.

Ek wil nog “opstaan” en die ding saam my vrou doen, maar hy het ander planne.

My vrou sê niks nie, maar ek kan sien sy’s nie hêppie met hoe dinge nou in ons slaapkamer is nie.

Ek is bevrees dat as dinge so gaan aanhou, gaan my vrou my los.

Wat maak ek, Antie? Ek is nou nog maar eers in my vroeë 40’s. Bekommerd, WhatsApp

Of jy nou wil of nie, kom klop die ED-duiwel (erektiele disfunksie) een of ander tyd aan alle mans se deur.

Dikwels kan onderliggende faktore soos stres, diabetes en hoë bloeddruk ’n rol speel.

Gaan sien jou dokter en laat die dok sommer ook ’n woema-pil of twee vir jou voorskryf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters