Verlede maand
Dís Antie Mona se team vir TV
OPGEWONDE: Doreen Morris sê sy sien uit daarna om die show te vervaardig.  ~ Jonathan Lestrade

DIE ding gaan ruk!

Dis nou as Son se geliefde agony aunt, Antie Mona, haar sin kry.

Ná byna twee dekades dat ons geliefde antie Son-lesers raad gee oor die lief en leed in hul lewe, gaan die antie eersdaags haar TV-buiging maak.

En ook hoog tyd, sal sommige Sonlanders sê.

Son, in samewerking met VIA (DStv-kanaal 147), is kliphard aan die beplan vir die land se gewildste agony aunt se eie TV show.

Die wiele is aan die rol, en daar is geen brieke nie. Die brieke is met handbriek en ál af.

Antie Mona, wie se mond soms jêm en ander kere peper makeer, beloof om die kykers te wow met haar show. Selfs op haar “brose” ouderdom beloof sy vuur en vlam.

Die immergroen Doreen Morris se produksiemaatskappy, Blue Zone Media, gaan die verfilming van die reeks behartig.

Doreen is ’n huiskind van die Elsies, waar sy grootgeword het. Sy het destyds naam gemaak as kontinuïteitsaanbieder op M-Net.

Koerant

As lesers nog altyd meer oor Antie Mona te wete wou kom, is dit nou die perfekte geleentheid hierdie.

Doreen se puik produksiespan en Antie Mona se eie angels, wat as mede-aanbieders gaan optree, beloof hulle gaan hierdie stukkie TV-geskiedenis meer as net memorable maak.

’n Opgewonde Doreen vertel: “Ek sien uit daarna om Antie Mona, wat in die koerant so gewild geraak het, na die gemeenskap te neem.

“Antie Mona is mens-sku, so sy stuur die drie engeltjies, wat mense uit ons gemeenskappe is, om na mense te gaan luister en uit te vind waarmee mense worstel.

“Dit maak nie saak wie jy is nie; ons almal struggle. Of dit by die werk, die huis of in die slaapkamer is, met die buurman of kerksuster, ons probleme is universeel.

“Met die program beoog ek dat mense voel ek is net soos jy, en hier is iemand (Antie Mona) wat bereid is om jou met raad en daad by te staan.”

Hierdie angels is bekendes in ons gemeenskappe – veral in die era van die sosiale media.

Wie ken dan nou nie vir Bouncy van Bouncy Sê Soe nie?

En wie onthou nie vir Jane van Wyk van haar eie gewilde show, Straight Talk with Jane­, nie?

DIE 'ANGELS': Kykers gaan ongetwyfeld aanklank vind by Tasneem Duminy (links), Bouncy en Jane van Wyk. By hulle is Doreen Morris. Foto: Jonathan Lestrade

En dan laaste, maar beslis nie die minste nie: Die mêrrim Tasneem Duminy is bekend vir haar social-media show, Kerrim Metty Merim, en is uitgeknip vir haar rol as een van Antie Mona se angels.

Lesers word uitgenooi om die uitdagings in hul lewe met Antie Mona en haar angels te kom deel.

Verbinding

Stuur net ’n WhatsApp-boodskap of voice note na 082 858 0044 en vertel ons kortliks van die situasie waarmee jy worstel.

Een van die producers sal met belangstellende deel­nemers in verbinding tree.

Deelnemers moet bereid wees om ’n dag aan verfilming af te staan.

Lekker goodies sal ook vir hulle op die spel wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters