27 dae gelede
Dié vrou skel my niggie uit asof sý rondslaap
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY NIGGIE was 20 jaar oud toe sy en haar man getrou het.

Hulle is 34 jaar lank getroud en het gebrand van begeertes en het vandag ses kinders – vier dogters en twee seuns.

Ons het by mense gehoor haar man slaap rond en dat hy kinders het by ’n vrou wat sy vrou ken.

Hierdie vrou skel my niggie nou uit asof sý die een is wat rondslaap.

My niggie is nie iemand wat praat nie, maar ons kan sien wat sy deurmaak.

Nou is haar man so siek hy kan nie werk nie, so sy moet nou alles doen.

Wat stel Antie voor: Moet sy hom hou of moet sy hom los? Bekommerde Niggie

Kyk, wat hierdie man oor die jare aan jou niggie gedoen het, is glad nie reg nie.

Tog het sy vir meer as drie dekades deur al sy sleggeid by hom gebly.

Dit sê vir Antie dat sy maar gaan volhard tot die einde toe, soos daai koortjie lui.

Hulle moes omtrént gebrand het van begeerte, want om ses kinders groot te maak, is nie speletjies nie.

Jou niggie voel dalk dat sy deur soveel in dié huwelik is dat die dood ál skeiding is wat sy bereid is om aan te gaan.

Niemand kan sê wanneer die dood of sy neef aan jou deur kom klop nie. So, wie weet, dalk raak dinge vir jou niggie in die toekoms rustiger.

Sy is ’n baie spesiale mens wat ten spyte van alles wat sy aangedoen is, dit steeds in haar vind om ’n man wat haar so deurgetrek het, in sy uur van nood by te staan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters