7 dae gelede
Dié stoute threesome nie meer so exciting
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET dis nie veel van ’n verskoning nie, maar ’n paar jaar gelede was ek in die finansiële knyp en het toe ’n advertensie gesien op ’n adult website van ’n paartjie wat iemand soek vir diskrete threesomes.

Antie, ek het niks gehad om te verloor nie en die skuldeisers het soos wilde goed in my nek geblaas.

Daar was nie ’n dag wat verbygegaan het waar ek nie dreigende oproepe van my skuldeisers ontvang het nie.

So het ek toe kontak met die couple gemaak en gesê ek stel belang. Ons het eers vir koffie ontmoet en toe ek hulle meet, was ek verbaas dat sulke ryk mense hulle met sulke dinge besig hou.

Hulle het aan my gesê dat hulle baie privaat is en nie hierdie dinge in die openbaar wil hê nie. In ruil vir my stilte, sou hulle goed na my kyk, wat hulle ook gedoen het.

Dit was vyf jaar gelede.

Ek is nou 30 jaar oud en dinge is glad nie meer exciting soos wat dit voorheen was nie.

Vir my was dit destyds opwindend om na hul massiewe huis te gaan en tussen hulle op hul reusebed te lê.

Maar nou is daar drama waarvoor ek nie lus het nie. Die vrou het jaloers begin raak.

Sy sê haar man gee te veel aandag aan my en het al aan haar admit dat hy oor my fantaseer as hulle twee alleen seks het.

Sy het al so ver gegaan deur my te vra of ek en haar man mekaar agter haar rug sien, wat natuurlik nie waar is nie.

Sy bel my glad 03:00 in die nag, huilend en sê haar huwelik is besig om uitmekaar te val. Maar nie lank daarna nie bel sy my om hulle in die bed te kom join.

Sy het een aand toe sy lekker dronk was aan my gesê sy het feelings vir my en wil hê ons twee moet saam wegloop.

Hierdie mense het ál die geld in die wêreld, maar snaaks genoeg sit hulle met die meeste van probleme.

Ek weet baie van hulle twee, maar hulle stel so min in my belang dat hulle nie eens weet waar ek werk en van watse dinge ek hou nie.

Vir my ken hulle net as hulle stout wil wees. Die man hou van oral en die vrou likes om gespank te word.

Daar word elke maand ’n lekker vet bedrag in my bankrekening inbetaal, maar nie eens die geld is ál die drama meer werd nie.

Die maatskappy wat ek voor gewerk het, het vroeg in die jaar weens economic difficulties toegemaak en ek lewe eintlik al vir maande van die geld wat die couple my betaal.

Maar ek voel nie meer om so aan te gaan nie. Hierdie drama is nie vir my nie.

Maar hoe kom ek uit alles? En hoe survive ek sonder die geld wat hulle my betaal?

Ek het nie ’n persoonlike lewe of selfs ’n boyfriend nie, want ek moet net vir hierdie mense leef. – Anoniem, e-pos

Niks in die lewe is verniet nie en alles kom teen ’n prys, soos wat jy teen hierdie tyd nou al moes agtergekom het.

Vir hierdie mense is jy ’n besigheidstransaksie sonder ’n persoonlike lewe. Jy moet hop (of lê) as hulle op jou knoppie druk.

Vir baie is threesomes fantasieë wat hulle wens hulle deel van kon wees. Maar die absolute reality is dat dit wantroue in ’n couple kan kweek en dan in ’n onaangename soa­pie kan ontaard.

Daar is ’n way uit, maar dit hang van jou af of jy bereid is om ’n yster-panty aan te trek en aan daai vet allowance wat hulle jou bied, koebaai te sê.

In die verlede, en nou soos wat jy sonder ’n ander inkomste sit, het jy jou deelname aan hierdie kinky besigheid gejustify deur vir jouself te sê jy doen dit om jou skuldlas te verlig.

Nou is dit weer die geval dat dit jou enigste inkomste is.

Maar is al hierdie geld die moeite werd as jy jouself in die middel van ’n lelike couple-geveg bevind?

Dit klink vir my anyway die koeël is deur die kerk in daai mense se huwelik en dis net ’n kwessie van tyd voor hierdie arrangement van julle vou en die geldjies opdroog.

So hoekom nie nou al aanbeweeg met jou lewe nie? Kry vir jou ’n werk en probeer liefde vind waar jy nie betaal hoef te word om iemand anders te satisfy nie? Die keuse is joune, en joune alleen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters