7 dae gelede
Covid-positiewe vent hou hom lekker social
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

ANTIE, wat maak ’n mens met iemand wat Covid-positief is, maar aangaan met sy lewe asof daar niks fout is nie?

BJ is my kind se pa en hy is ’n paar dae gelede positief getoets vir Covid-19.

Maar in plaas van isoleer, gallivant hy die hele dorp vol en party met sy vriende asof daar nie ’n dag van môre is nie.

Die ergste is dat hy by sy werk afgekry het om te kan isoleer, maar doen nou hy dit nie.

Praat help nie. Hy sê niemand kan vir hom sê wat om te maak nie. Ek het hom verbied om hier by ons te kom, maar wat van die ander mense wat hy kan infect?

Ek en die res van my huismense het genadiglik negatief getoets nadat hy ’n paar dae voor sy uitslae nog by ons was.

Antie, ek kan nie verstaan wat in hom gevaar het nie. Kan hy dan nie sien dat hy besig is met ’n gevaarlike speletjie nie?

Hy bly sê hy voel nie siek nie en dat hy fine gaan wees. Ek weet nie meer wat om te doen of te sê nie. Mismoedig, WhatsApp

Hierdie is inderdaad ’n uiters gevaarlike speletjie wat hy speel.

Ja, hy mag dalk fine voel ten spyte van sy positiewe result, maar ander mense met wie hy in kontak kom, mag dalk nie so gelukkig wees nie. Iemand kan selfs sterf weens sy roekelose en onverskillige op­trede.

Verder kan hy sy werk verloor as sy werkgewer moet uitvind hy is besig met rondkuiery pleks van isoleer. Wat jou boyfriend doen, kom neer op ’n misdaad. Sy optrede is iets wat hom agter tralies kan laat beland.

Hy dink dalk hy is living his best life, maar sy selfsugtige en dom optrede kan groot consequences vir hom inhou as hy nie 10 dae in afsondering deurbring nie.

En omdat praat nie help nie, sal ek as ek jy was sommer die polisie bel sodat hulle hom goed skrik kan maak en binnenshuis kan kry.

Liewe Antie Mona

EK WORD volgende maand 30 en het in my hele lewe nog nooit my pa ontmoet nie.

My ma weier eenvoudig om my te sê wie hy is en waar hy woon. Al wat sy sê, is dat hy die grootste fout van haar lewe was en dat dit nie nodig vir my is om hom te ontmoet nie.

Antie, dit is mos nie reg nie! Ek kan verstaan dat hy haar teleurgestel en haar hart gebreek het.

Maar wat van my? Het ek dan nie die reg om te weet wie my pa is nie?

’n Paar jaar gelede sou my antie my vertel hoe ek my pa opgespoor kon kry.

My ma het daarvan uitgevind en toe my antie gaan invlieg. ’n Week later­ het my antie aan ’n hartaanval gesterf.

Ek het al by my ander familielede probeer uitvis, maar niemand weet iets nie. Of hulle maak asof hulle nie weet nie. My ma is ’n baksteenmuur wat ek eenvoudig nie kan deurdring nie. Ek het ’n vierjarige seuntjie en wil graag hê hy moet sy oupa ontmoet.

Ek kry die idee dat hy nog leef, maar weet nie hoekom niemand iets van hom wil sê nie. Anoniem, E-pos

Iets groots moes gebeur het wat jou ma laat sweer het dat nie sy óf jy ooit weer kontak met hierdie man sal hê nie. Dit justify egter nie jou reg om te weet wie jou biologiese pa is nie.

Jy is immers oud genoeg om self die keuse te maak of jy hierdie man beter wil leer ken en in jou kind se lewe wil allow. As jy ’n naam en van vir hom het, kan jy dalk in die sosiale media na hom begin soek.

Andersins is binnelandse sake ook ’n possibility, waar jy ’n BI-154-vorm voltooi vir ’n afskrif van jou geboortesertifikaat. Soos wat Antie verstaan, kan dit enigiets van 2 maande tot 2 jaar vat om jou afskrif te kry. Kom ons wees eerlik: Home affairs het nie die beste track record nie, so jy beter wikkel.

As daar nie aanduiding van jou pa op jou geboortesertifikaat is nie, sal die plek waar jy gebore is, aangedui word en wie weet? Dalk loop jy iemand by daai hospitaal raak wat dalk iets van jou pa sal onthou.

Elke bietjie inligting gaan help en ongelukkig het dit gekom by ’n punt waar jy sonder die hulp van jou familie jou speurwerk sal moet doen. Alle sterke!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters