Verlede maand
Covid blus heeltemal my meisie se sekslus
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n girlfriend en ons kom nou al 19 jaar aan.

Ons het twee kids saam en ek het onlangs my werk verloor weens Covid-19.

Sy het ook nie meer ’n werk nie, maar Antie, vandat ek by die huis is, kry ek dan nie meer seks soos wat ek gekry het toe ek nog gewerk het nie.

As ek ietsie wil hê, dan kyk sy my net lelik aan. Moet ek maar aanbeweeg? Wat stel Antie voor? – Bitter Lus van CFM, WhatsApp

Dit kan wees dat haar lus geblus is oor sy haar werk verloor het.

Wanneer ’n mens so deur ’n dip gaan waar jy jou werk verloor het en nie weet waar die next brood se geld vandaan gaan kom nie, kan dit selfs jou mood demp vir binneboud lê.

Stres kan ’n groot faktor wees as dit by enige mens se libido of seksdrang kom.

Dit kan natuurlik ook wees dat haar lus vir jou altyd maar gekoppel was aan die pay-pakkie wat jy huis toe gebring het. Laat ons maar nie vergeet dat dít ook ’n moontlikheid kan wees nie.

Julle is nou al byna twee dekades lank ’n couple en het twee kinders saam.

Wil jy regtig alles opgee en dit oor ’n stukkie? Dit ook terwyl jy nie ’n gesprek met haar hieroor gehad het nie?

Praat eers dinge uit en hoor wat haar storie is.

Hierdie is iets waaraan julle saam kan werk. Jy kan eerder ’n gesprek met haar hê as om eenvoudig alles net so te los – dis nou tensy jy hoeka self lankal lus is vir groener weivelde.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters