24 dae gelede
Couple weer saam, maar trust mekaar nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J en in ’n verhouding met P. Ons kom nou al vier jaar aan.

In hierdie tyd het ek al drie keer op hom gecheat.

Ons het aan die begin van die jaar opgebreek en hy het aanbeweeg.

Selfs ek het aanbeweeg, maar ons twee is nou weer saam.

Hy soek my nou nie om ander outjies nie, Antie.

Hy wil ook nie hê ek moet met ander outjies chat nie.

Maar hý praat nog met die meisie met wie hy ’n ding aangehad het.

Wanneer ek met hom daaroor praat, dan raak hy kwaad.

Antie, ek is baie lief vir hom, maar voel ek kan nie só aangaan nie. Ongelukkige J, WhatsApp

Dit is duidelik dat julle mekaar nie trust nie.

Hoekom julle opgemaak en weer probeer het, gaan Antie se verstand te bowe.

Liefie, dit klink of albei van julle daarop uit is om die ander een te spite.

Sal dit nie maar beter wees as julle dit ’n dag call en jul eie pad inslaan nie?

Hoe lank gaan jy daarmee tevrede wees dat hy jou sonder ’n remote control probeer beheer en jy hom uit spite weer gaan verneuk?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters