25 dae gelede
Cheater vreet my uit en kies toe hasepad
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 50 jaar oud en het ’n liefdesteleurstelling gehad.

Die ou wat ek gehad het, het op my gecheat.

Eers nadat hy my lekker uitgevreet het, het hy my gelos.

Ek soek net iemand wat lief is vir my en nie op my sal cheat nie. – Teleurgesteld, WhatsApp

Vrou, nou aan watter resies neem jy dan deel dat jy so haastig is?

Jy is nog rou van jou vorige liefdesteleurstelling, maar jy’s alweer full force op soek na die next boyfriend.

Weet jy dat dit nie ’n crime in die lewe is om single te wees nie?

Daar is baie sluwe jakkalse daar buite wat jou koorsagtige nood om ’n boyfriend te hê, tot hul benefit sal gebruik.

Het jy dan nie onlangs hierdie dure les geleer nie?

As jy veels te kliphard soek na liefde, gaan jou paaie kruis met hierdie uitbuiter-tipe con artists wat jou net as ’n wandelende cash till sien.

Relax. Hou op jaag na die volgende disappointment.

Bederf ’n slag jouself met jou eie geld. Jy hoef nie liefde te koop nie. Geniet die lewe en expect niks.

Laat die liefde vir jou ’n bondeltjie unexpected geluk wees.

Niemand wil alleen oud word nie, maar niemand wil ook vir ’n fool gevat word nie.

Vat vir ’n slag note van die lesse van die lewe.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters