12 dae gelede
Buurman spyker haar girlfriend pregnant
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 29-jarige lesbiër van Namibië en ek het Antie se hulp dringend nodig.

My hart is onlangs in miljoene stukkies gebreek deur ’n vrou wat ek gedink het ’n eerlike mens is.

Ek het haar in Oktober 2019 ontmoet toe sy haar liefde aan my verklaar en gesê het sy stel al ’n lang tyd in my belang.

Ons het begin date en toe besluit om in ’n verhouding te gaan omdat ons albei single was.

Sy is 26 jaar oud en het twee kinders gehad, wat ek met die grootste liefde aanvaar het siende dat ek nie enige kinders het nie.

Antie, ek het mettertyd agtergekom dat sy emosioneel swak en baie naïef is, maar ek het besluit om daardeur te werk om ons verhouding ’n fair kans te gee.

Alles het goed afgeloop en ons het deur 2020 gekom. Maar laas naweek het ek uitgevind sy cheat op my met ons neighbour.

En nie net dit nie, sy is drie maande swanger van hom.

Ek het haar toe gekonfronteer en sy spin toe ’n storie dat sy nooit beplan het om swanger te raak nie en dat dit ’n mistake was.

Sy het my gevra om haar te vergewe en ’n tweede kans te gee sodat sy kan opmaak vir dit wat sy aan my gedoen het.

Volgens haar het sy dinge met die neighbour beëindig, want hy het sy eie familie, maar hy het glo ingestem om sy responsibilities teenoor die kind na te kom.

Help my asseblief om klarigheid te kry, Antie. Ek is eerlikwaar lief vir hierdie vrou – met my hele wese – en sy is nie eintlik ’n slegte mens nie. Verward, e-pos

Liefie, jy sal tog maar weer aan Antie moet skryf en dan moet verduidelik hoekom hierdie mens nie ’n slegte mens is nie.

Cos why, met ál die goed wat sy aan jou gedoen het ... Watse goeie mens doen dit aan iemand wat jy claim jy liefhet?

Sy het nie net op jou gecheat nie, maar ’n baba is in die proses verwek.

’n Baba wat deel van jul lewe gaan wees, sou jy verkies om haar nóg ’n kans te gee. ’n Baba wat altyd ’n reminder gaan wees van haar ontrouheid aan jou. Sien jy regtig kans om jouself deur soiets te sit?

Dan praat Antie nie eens van die baby daddy wat ook steeds in die prentjie gaan wees nie, want hy het mos die reg om deel van sy kind se lewe te wees.

Veels te veel complications, as jy my vra. Complications wat jy regtigwaar nie in jou lewe hoef te invite nie.

Natuurlik sal sy nou spyt wees, want sy is uitgevang en besef nou eers dat sy jou kan verloor.

Hoekom wil sy in jou lewe wees? Om ’n tweede ma vir haar kroos te wees? Liefde kan dit beslis nie wees nie, want jy doen nie so iets aan iemand vir wie jy lief is nie.

Aan die einde van die dag bly dit jóú decision of jy haar gaan vergewe en nóg ’n kans gaan gee.

Moet egter nie uit die oog uit verloor dat jy beter verdien as die drama waarby jy nou ingesleep word nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters