Verlede maand
Bure kan hulself nie hoor as couple paartie nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man bly in ’n klein dorpie en rook en drink nie.

Oorkant ons bly ’n jong couple wat oukei deur die maand is, maar wanneer hulle gepay het, is dit ’n ander storie.

Dan paartie daai mense so kliphard dat ek en my man mekaar nie eens kan hoor nie.

Om dinge nog erger te maak, bly daar ’n bejaarde couple regs langs hulle.

Wat kan ek doen? Ek wil nie kwaaivriendskap veroorsaak nie, maar hulle is regtig baie lelik. – Ongelukkige Buurvrou, WhatsApp

Daar is mense wat so inconsiderate is en glad nie ander se gevoelens en reg op stilte in ag neem of respekteer nie.

Met sulke mense moet jy glad nie nog worry oor kwaaivriendskap nie, want hulle worry nie oor jou nie.

Tog besef Antie waar jy vandaan kom, want sulke bure kan ’n onaangename situasie skep.

Dis ’n opsie om met hulle te praat, maar daar is altyd die moontlikheid dat hulle hul nie aan julle gaan steur nie.

Gaan saggies te werk en kontak jou plaaslike law enforce­ment elke keer as hulle so lawaai maak.

Alle munisipale gebiede behoort hul reëls en regulasies te hê as dit by rusverstoring kom.

Geen persoon het die reg om die vrede in ’n buurt te versteur nie en die polisie is by magte om sulke lawaai aan te spreek.

Wanneer jou bure weer so almal se dakke wil af paartie, dan bel jy anoniem die cops om hulle uit te sort.

Doen dit elke keer tot die probleem end kry. Laat hulle maar ná elke besoek van die polisie skimp-skel in jul straat. Jy hou jou net dom.

As hulle dan so selfsugtig wil wees, moet hulle ’n les geleer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters