12 dae gelede
Boude klap toe ná ek trouring aan vinger sit
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET só lekker gelag vir “Ken Van Daai” se brief oor die koue atmosfeer in sy slaapkamer.

Dit was vrek snaaks, maar tog só waar.

Die waarheid is dat ek ook van daai ken.

Ons is maar nou twee jaar getroud, maar die oomblik toe ek daai trouring aan haar vinger glip, toe klap haar boude toe.

Nou moet ek hoor ons moet werk aan ons toekoms en wat ons in ons loopbane wil bereik. Sy gaan dan nou aan soos die destydse voorligting-onderwysers op skool.

Antie, die een ding wat Covid-19 my geleer het, is dat niks in die lewe gewaarborg is nie. Die lewe is maar kort en ’n mens kan vinnig ’n loved one verloor.

Seks in my huwelik is ná net twee jaar dood.

As ek baie male daaraan dink, kan ek dit nie glo nie.

Hier sit ek, 35 jaar oud, en moet soos ’n stokou man saans langs ’n yskoue vrou gaan lê.

Voor Antie vra: Ja, ek het die issue met haar aangeroer. My kop is ook van my lyf af geskree.

Dis maybe te gou om te skei, maar ek gaan definitief van haar voorstel dat ek vir my ’n hoer moet kry, gebruik maak. – Gatvol Hubby, Whatsapp

Nee, man! Soontoe eers met die gedagtes van hoerdery.

Só maklik kan jy nie wil tou opgooi nie! Maak nie saak hóé merrim haar boude toeklap en haar wange opblaas nie.

Die huwelik is nie ’n maklike perd om op te saal nie. Uitdagings gaan daar wees.

Wie ook al vir jou sê dat hulle die perfekte huwelik het, lieg deur hul tande en moet hierdie sonde van hulle bely.

Jy gee nie tou op voordat jy eers als probeer het nie. Jou vrou mag dalk lui wees, maar jy moet fluks bly om maniere te kry om haar uit die seks-slaap te laat wakker skrik.

Byt vas – maak nie saak hóé sy gil en te kere gaan nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters