11 dae gelede
Berk wat bottel bemin, vrot na vuurwarm bollie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n boyfriend wat na warme k*k stink. Ek kan nie meer nie.

Hy maak nie sy mond skoon nie en begin sommer drink sodra hy soggens opstaan.

Hy wil my ook net soen met daai stink mond van hom.

My vriende skinder al van sy bek wat so ruik.

Ek voel al skaam en sleg, maar ek is lief vir hom. Raadop Girlfriend, WhatsApp

Eeuw, sal jy dan nou vir Antie so vroegmôre staan en naar maak, meisie?

Bygesê, dit is darem nie morning sickness wat Antie ervaar nie.

Liefie, jy sal delikaat te werke moet gaan, want jy wil darem ook nie hierdie ou se gevoelens seermaak nie.

Gaan shopping sommer saam met hom vir toiletries en kies die sterkste tandepasta en bubblegum-goeters.

Dan maak jy seker dat hy gereeld was en nie sommerso opvlieg en die arme drank met sy asem attack nie. Hy moet ook minder so diep in die bottel kyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters